Quintus het by Unisa, Kovsies en Maties teologie gestudeer, is getroud met Riélle en het twee dogters Gardielle en Karli. Hy was vir 24 jaar predikant in vier verskillende gemeentes voordat die Here hom geroep het om voltyds by die  Bybelgenootskap van SA betrokke te raak.  Hy is lief vir o.a. die buitelewe, teater, musiek, boeke  en om na interessante plekke te reis. Sy passie is om ‘n verskil te maak en elke dag saam met sy gesin die genade van God te bewonder.