Louise Gevers

Julle is die uitverkore volk van God wat Hy baie lief het. Daarom moet julle meelewend, goedgesind, nederig, sagmoedig en verdraagsaam wees.  Kolossense 3:12

Die konsep van 'n gesin en die huwelik het met God begin en dit is aan Hom wat elke familie sy bestaan te dankie het. (Efesiërs 3:15). Selfs die huweliksbelofte tussen 'n man en vrou is 'n in navolging van die verhouding tussen Christus en die Kerk en is deur en deur simbolies van hierdie verbintenis. Soos die bruid, die Kerk, pragtige klere aantrek wat geskik is vir haar troue met Christus – klere van meelewendheid, goedgesindheid, nederigheid, sagmoedigheid en verdraagsaamheid – so moet die bruid haar ook klee vir haar troudag. Ons dink dat ons goeie kwaliteite deel van ons innerlike is, so ons oorweeg dit nie altyd om dit aan te trek soos wat ons met klere doen nie. Die sondige natuur waarteen ons voortdurend stry is ook deel van ons innerlike en ons wil nie hê dat dit eerste te voorskyn moet kom en die innerlike stryd wen nie. Daarom moet ons ons goeie kwaliteite dolebewus "aantrek".

Jesus is "die hoof van die liggaam, van die kerk. Hy is die oorsprong daarvan, …" (Kolossense 1:18) As lede van sy liggaam, is die familie van God volkome lewend! Jesus het vir ons gesterf en niks kan ons van sy liefde skei nie. (Romeine 8:35-39) Die Engelse skrywer, CS Lewis het gesê: “What draws people to be friends is that they see the same truth. They share it.” Hoeveel te meer is dit nie waar van diegene wat saamgetrek word deur Jesus Christus, die Waarheid, die Een wat sy volgelinge as broers en susters in God se familie verenig nie.

In enige Christelike byeenkoms waar ook al in die wêreld is ons met hart, siel en gees een met ander gelowiges, verbind deur die Heilige Gees met God en met mekaar. Dit is 'n voorsmakie van die hemel waar ons eendag verenig sal wees "met 'n groot menigte … wat niemand [kan] tel nie van elke nasie, stam, volk en taal … voor die troon en voor die Lam" (Openbaring 7:9) – vreemdelinge op aarde, maar tog verenig in die hemel. Om deel van God se familie te wees is wonderlik, dit is 'n hemelse voorreg!

Wanneer probleme kom, is Christus die vaste fondament en God se familie sal in die Waarheid verenig bly. Sonder die verbintenis met Jesus en met mekaar, sal verhoudinge egter tot niet gaan, maar as ons in Hom teen die vyand verenig is, ontvang ons krag in ons swakheid, vreugde deur pyn en die impak van die evangelieboodskap maak die onmoontlike moontlik.

Familie, is ons met Jesus en met mekaar verbind?

Gebed: Liewe Vader, kyk ek na hierdie eienskappe van meelewendheid, goedgesindheid, nederigheid, sagmoedigheid en verdraagsaamheid besef ek dat ek dikwels nie hierdie klere dra nie, al wil ek ook. Ek bely dat ek U werklik nodig het om my te help want ek wil so graag slaag in dit waarvoor Jesus my geroep het. Help my asseblief deur u genade. In Jesus se Naam.  Amen