Xanthe Hancox

Toe hulle die volgende dag van Betanië af terugkom, het Jesus honger gekry. Hy sien toe op 'n afstand 'n vyeboom met blare aan en gaan daarheen om te kyk of Hy nie miskien 'n vy daaraan kry nie. Toe Hy daar kom, kry Hy niks nie, net blare, want dit was nie vyetyd nie. Hy sê toe vir die boom: “Van jou sal niemand tot in der ewigheid ooit weer vye eet nie.” Sy dissipels het dit gehoor.  Markus 11:12-14

Ek het nog altyd hierdie gelykenis vreemd gevind. Om 'n vyeboom te vervloek omdat dit nie vrugte het nie, en dit nogal buite seisoen, is nogal 'n fel reaksie.

Indien jy jou egter in die Midde-Ooste bevind en lus is vir 'n middaghappie, kan jy gerus Jesus se voorbeeld volg en 'n vyeboom vol blare soek. Wanneer 'n vyeboom vol blare is, kan jy verwag om vrugte te vind. Ten spyte van die seisoen, was hierdie vyeboom oortrek met blare.

Maar hierdie boom het geen vye aan gehad nie. Wat op 'n afstand na 'n belowende boom gelyk het, was 'n groot teleurstelling. Jesus het vir die boom gesê: “Van jou sal niemand tot in der ewigheid ooit weer vye eet nie." En Hy het weggestap.

Die volgende dag toe hulle Jerusalem verlaat, het hulle by dieselfde boom verbygeloop. Tot die dissipels se verbasing was die boom verdroog.

Toe Petrus sy verbasing oor die boom uitspreek, het Jesus die geleentheid gebruik om hulle twee lesse te leer. Die eerste les het oor mislukking gehandel. Die boom sonder vrugte dien as 'n waarskuwing dat ons nie kan voorgee dat ons geestelik lewend is nie, want ons sal geen vrugte dra nie.

Die tweede les handel oor geloof. Jesus sê: "Julle moet geloof in God hê!" Ons vertrou Hom vir die krag en alles wat ons benodig om Hom te dien. Wanneer ons deur opregte gebed in Jesus geanker is, sal ons geloof vrug dra. Ons geloof in Christus sal sterk genoeg wees om mense te oorreed om in Jesus te glo en sy koninkryk binne te gaan. Deur sy krag in ons, sal ons bewys dat Hy leef!

Gebed: Here, help ons om in U te glo. Gee dat ons tot u eer vrug sal dra en dat dit tot seën van diegene met wie ons in aanraking kom, sal wees. Ons bid dit in u Naam. Amen