Xanthe Hancox

“Toe het die oudste seun kwaad geword en hy wou nie in die huis ingaan nie. Sy pa gaan toe uit en praat mooi met hom; maar hy antwoord: ‘Kyk, al die jare werk ek soos 'n slaaf vir Pa. Nog nooit het ek 'n opdrag van Pa verontagsaam nie, en vir my het Pa nog nooit eers 'n bokkie gegee sodat ek saam met my vriende kan feesvier nie. Maar nou dat hierdie seun van Pa, wat Pa se goed met prostitute deurgebring het, terugkom, het Pa vir hom die vetgemaakte kalf geslag!  Lukas 15:28-30

Ek moet herken dat in die verhaal van die verlore seun (lees gerus die volledige verhaal in Lukas 15:11-32) het ek nog altyd simpatie gehad met die ouer broer. Hoekom moet hy sy broer se welkom tuis-partytjie bywoon as hy die een is wat vir so lank baie hard gewerk het? Waar was sy beloning?

Maar wanneer 'n mens hierdie gelykenis baie deeglik lees, ontdek jy dat dit nie oor een van die twee seuns gaan nie – die hoofkarakter is die vader. Een seun het weggegaan omdat hy rebels was, en die ander seun rebelleer omdat hy selfsugtig is.

Beide die verlore seun en die ouer broer is egter selfsugtig. Die jonger seun se belangrikste oorweging is om ontslae te raak van die beperkinge wat sy ouerhuis en gesin op hom plaas, en vry te wees om in die wêreld met sy groot aantrekkingskrag te doen wat hy wil. Die ouer seun kla en kerm oor die opofferings wat hy moet maak en die luukshede waarop hy uitgemis het terwyl hy hard gewerk en verantwoordelik opgetree het. Hy waardeer nie sy vader se vreugde nie, want hy verstaan dit nie. Op die ou end onttrek die ouer broer, net soos die jonger broer voorheen gedoen het, homself van samesyn en gemeenskap met die vader.

Die barmhartige liefde van die vader hou die twee dele van die storie bymekaar. Uit liefde vir die jonger seun verwelkom die vader hom tuis. Uit liefde vir die ouer seun verlaat die vader die feesvieringe om aan die ouer seun sy handelinge te verduidelik en om hom ook in te nooi.

Alles wat die Vader het, behoort ook aan ons – of jy nou 'n nuwe Christen is of Hom reeds vir dekades volg. Besef ons altyd hoe lief Hy ons het?

Gebed: Vader, ons tree dikwels soos die ouer broer op. Deur u genade verwyder asseblief die blinddoek van ons oë sodat ons ander kan sien soos U hulle sien. Amen