Xanthe Hancox

Toe is Jesus deur die Gees die woestyn in gelei om deur die duiwel versoek te word. Veertig dae en veertig nagte het Hy niks geëet nie en naderhand het Hy honger geword. Die versoeker het toe gekom en vir Hom gesê: “As U die Seun van God is, sê hierdie klippe moet brood word.” Matteus 4:1-3

Jesus het tydens sy bediening baie ongelooflike wonderwerke gedoen, insluitend die vermeerdering van voedsel vir duisende mense. So, hoekom het Hy nie iets gedoen om Homself in die woestyn te onderhou nie? Hoekom het Hy nie klippe in brood verander nie?

Instede daarvan, het Jesus elke keer wat die duiwel Hom in die woestyn versoek het, uit Deuteronomium aangehaal. "… dat 'n mens nie net van brood leef nie, …" (Deuteronomium 8:3); “Julle mag nie die geduld van die Here julle God op die proef stel … nie." (Deuteronomium 6:16); en "Jy moet die Here jou God eer en dien … " (Deuternonomium 6:13).

Die ooreenkoms tussen die Israeliete se ondervindings in die woestyn en die duiwel wat Jesus in die woestyn versoek, is belangrik. Die beteken dat God Hom nou voorberei om sy volk — die nuwe Israel — van sonde te verlos en hulle die beloofde land van vergifnis en ewige lewe in te lei. Daarom het Hy Jesus gestuur wat as verteenwoordiger aan die hoof staan van alle mense. God lei Jesus, namens ons, na die woestyn vir 40 dae wat die 40 jaar wat Israel in die woestyn was, verteenwoordig. Daar word Jesus getoets soos Israel in die woestyn getoets is. Daar lei Jesus honger soos Israel in die woestyn honger was.

Jesus se missie het egter nie ingesluit dat Hy aan die versoekings van die duiwel gehoor sou gee nie. Al was Hy ook hoe honger, het Jesus geweier om gemanipuleer te word om sy krag tot sy eie voordeel te gebruik. Hy was eerder in all opsigte gehoorsaam, en wys ons daardeur hoe om volgens die wil van God te leef. En toe Hy versoek word, het Hy krag uit sy verhouding met die Vader en die leringe van die Skrif hoe om in gehoorsaamheid te leef, geput.

Daar mag tye in ons lewens kom, wanneer ons in versoeking is om ons persoonlike voorregte in eie belang te gebruik, en dikwels mag dit selfs skadeloos lyk. Maar wanneer ons God daardeur onteer, is dit sonde—en ons weet dit.

Jesus wys ons hoe om versoeking te weerstaan. Deur ons in die Woord te verdiep en na die stem van die Vader te luister, sal ons krag ontvang om selfdienende, selfvernietigende aksies die rug te keer. Dit sal ons in staat stel om die maniere te erken wat die duiwel gebruik om die waarheid te verdraai, en dit sal ons help om versoekings te weerstaan en in die voetspore van Jesus te volg.

Gebed: Here, ons kom so dikwels in versoeking. Vul ons met u Heilige Gees en help ons om ons te verdiep in u Woord wat ons met krag toerus. Ons bid dit in die Naam van Jesus. Amen