Neville Turley

Almal het gesondig, en het nie deel aan die heerlikheid van God nie ..., Romeine 3:23

Al het sonde ons geskei van God, het Hy ons steeds lief. Hy het ons so lief dat Hy ons volkome vergewe deur ons geloof in sy Seun wat vir ons sondes gesterf het.

Die Bybel stel dit baie duidelik dat ons almal sondaars is. "Ons het almal gedwaal soos skape, ons het elkeen sy eie pad geloop, maar die Here het ons almal se sonde op hom laat afkom."  (Jesaja 53:6)

In die Evangelies word dit duidelik dat God graag ons sondes wil vergewe en dat sy vergifnis volkome, verniet en vir altyd is. Dit maak nie saak wat jy gedoen het nie. "Kom tog, laat ons die saak met mekaar uitmaak, sê die Here: Al was julle skarlakenrooi van sonde, julle sal wit word soos sneeu" (Jesaja 1:18)

Die Almagtige God vergewe egter nie sondaars wat nie hulle sondes bely nie. Om jou sondes te bely, beteken dat jy so jammer is oor jou sondes dat jy ophou om te sondig en jou hart vir die Heilige Gees oopmaak. Om die Heilige Gees te misken, is die een onvergeeflike sonde.

Twee mans het in die tempel gaan bid. Die hoogmoedige Fariseër het gespog oor wat hy doen. Die tollenaar het nederig gebid: "O God, wees my, sondaar, genadig." Jesus sê: “Ek sê vir julle: Hierdie man, en nie die ander een nie, het huis toe gegaan as iemand wie se saak met God reg is." (Lukas 18:9-14)

" ... en vergeef ons ons oortredings soos ons ook dié vergewe wat teen ons oortree;" (Matteus 6:12) Ons Vader gaan ons nie vergewe as ons nie diegene vergewe wat iets teen ons gedoen het nie. Ons moet ander vergewe om ons eie ontwil.

Haat in jou hart teenoor iemand wat iets slegs aan jou gedoen het, is soms verstaanbaar, maar jy moet dit verwerk, vergewe en aan beweeg. Anders bly jy die slagoffer.

Gebed: Hemelse Vader, vergewe ons ons baie sondes en tekortkominge. Ons bid dit in Jesus se Naam. Amen