Deur Benescke Janse van Rensburg

’n Abbaskip dien as basis vir vegvliegtuie en duikbote om vanuit die see êrens heen gelanseer te word. Die skip is dus ’n veilige hawe waarheen die bemanning kan terugkeer sou hulle in nood verkeer of voorraad benodig. Die wete dat daar ’n só basis is, vul verseker die bemanning met ’n mate van rustigheid te midde van enige oorlog.

God is vir ons soos hierdie Abbaskip, ’n plek van veiligheid. Hy is die Bron van alles wat bestaan en Hy wil hê dat ons Hom in alles en met alles moet vertrou – ons finansies, ons verhoudings, ons kinders, ons toekomsdrome, ons begeertes. Ook wil Hy hê dat ons met selfvertroue in uitdagende tye na Hom sal terugkeer sodat HY ons kan vertroos en opvul met watter “voorraad” ons ook al mag benodig om weer uit te gaan en ’n verskil te gaan maak.

In Psalm 46:2 lees ons: “God is vir ons ’n toevlug en ’n beskerming; Hy was nog altyd bereid om te help in nood.” Ook in Psalm 91:1-2 staan geskryf: “Hy wat by die Allerhoogste skuiling vind en die beskerming van die Almagtige geniet, hy sê vir die Here: ‘U is my toevlug en my veilige vesting, my God op wie ek vertrou.’” En in Psalm 32:7 lees ons: “U is vir my ’n skuilplek,  U beskerm my teen aanvalle, U laat my oorwinningsliedere sing.”

Mag ons God opnuut ons Abbaskip maak – die basis, bron en fondasie van alles in ons lewens. Sterkte.

Vader God baie dankie dat U my veilige basis is. Help my asseblief om U in alles te ken en nie bloot in te lig van my planne nie. Ek vra dit in die Naam van Jesus Christus. Amen.

  • Lesers se karaktereienskappe van God rondom die letter “A” (hier is slegs ’n paar): Almagtig, Alwetend, Alomteenwoordig, ABBA (Vader),  Agape (liefde), Altyd by ons, Alfa en Omega, Aan my sy, Asemrowend, Altyd dieselfde.
  • LETTER B: Aan watter eienskappe van God dink jy onder die letter “B”? Jy kan ’n epos stuur na This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. om klik hier en gesels saam op