Deur Benescke Janse van Rensburg

Chiaroscuro is die gebruik van lig en skaduwee in kuns. Dié sterk kontras gee diepte aan die kunsprent wat dit om die beurt waardevol maak.

As gelowiges beleef ons soms fantastiese seisoene – seisoene van lig. Tye van deurbrake, vrede, vreugde en geluk. Tog is daar aan die ander kant skaduwee-seisoene. Die seisoene waarin ons klippe kou en sukkel om kop bo water te hou.

Beide hierdie seisoene in die lewe is nodig om ons karakter te groei en ons geloof te bou. Is dit God wat krisisse, teleurstelling, seer of uitdagings veroorsaak? Nee. Die vyand is daarop uit om te steel, te slag en te verwoes. Tog, God bly die meester van CHIAROSCURO. Hy is in staat om beide die goeie en slegte tye tot ons voordeel te gebruik. In Romeine 8:28 lees ons: “Ons weet dat God alles ten goede laat meewerk vir dié wat Hom lief het . . .”

Beleef jy tans ’n seisoen van lig? Prys God. Sê vir Hom dankie vir alles wat jy het. As nie, kom ons herinner onsself dat die skaduwee-seisoen soms op die einde dít word wat die gewone skildery in ’n meesterstuk omskep! Sterkte.

Vader God baie dankie dat U in beheer is van my lewe. Help my om U te vertrou in die lig-seisoene, maar ook daardie seisoene wat ek wegwens. Hou my naby aan U. Ek vra dit in die Naam van Jesus Christus. Amen.

  • Lesers se karaktereienskappe van God rondom die letter “C”: El Clay (die lewende Almagtige), Christosentries (alles draai om Christus), Custos (Bewaker); Cum Laude (alles wat Hy doen, is perfek).
  • LETTER D: Aan watter eienskappe van God dink jy onder die “D”? Jy kan ’n epos stuur na This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. om klik hier en gesels saam: