Hennie Symington

Stof is jy, en jy sal weer stof word. Genesis 3:19

Gedurende ons aardse reis, ervaar ons by tye hartseer en verdriet. Ons het met pyn hierdie wệreld betree en verlaat dit met pyn en verdriet. Ons dwaal deur die wệreld gebuk onder pyn en weёmoed terwyl ons ons verliese bereken. Soms word ons pad deur die lewe aangetas deur weёmoed en verlies. Verhoudings bloei en verdroog en val uiteindelik af soos ‘n verlepte blom. Dikwels kom daar niks van ons drome vir ‘n suksesvolle lewe nie. Ons sukkel om ons los te maak van die pyn en verlies wat deel geword het van ons lewe. Dikwels word ons so vasgevang in ons verliese dat die saad binne in ons dormant lệ en wag vir die beste tyd om te ontkiem. Soms kwyn die saad en kom nooit tot wasdom nie.

Vra jou af, “Waar het ek my paradys verloor?”

Waarheen het jou pyn jou gedryf? Langs watter afdraaipaadjies het jou twyfel en jou vrese jou gelei? Agter watter boom skuil jy, naak en bevrees?

Gebed: Here, ek wil nie vir altyd soos ‘n skadu in die duister leef nie. Vul my met U vrugbare Woord wat verewig bly staan. Skep in my ‘n onverganklike skoonheid wat my in staat stel om die gelukkige momente aan te gryp voordat hulle verlep en vergaan. Amen