Hennie Symington

Hy beskut jou onder sy vleuels, en is vir jou 'n veilige skuilplek. Psalm 103:19

Kyk om jou. Jy leef in 'n ruimte wat jy nie geskep het nie. Jy bevind jou in 'n ruimte wat deur God geskep is. Daarom lui een van die oudste gebede vir reisigers as volg: God voor my, God bokant my, en God rondom my.

God se ruimte is nimmereindigend. Hy omvou jou in sy ruimte. Tog is jy vry om die diepste ruimtes van jou siel te verken, en as jy wil, die heelal. Die mens kon nie die begeerte om die buitenste ruimtes van die heelal op te soek nie. En soos wat meer sterrestelsels ontdek word, word die kwessie van God se bestaan meer en meer ingewikkeld vir die mens van vandag.

Daar is diegene wat meen dat hulle die diepte, die hoogte en wydte van die heelal gepeil het. Maar vir gewone mense soos ons, is die skepping steeds vir ons 'n raaisel wat meer vrae as antwoorde in ons gedagtes laat ontstaan.

Die wonder van die heelal is egter dat God oor 'n onmeetlike distansie uitgereik het om ons lewens aan te raak. Trouens, God is so begaan oor die status van die mensdom, dat Hy sy Seun gestuur het om ons te red. Laat ons dan leef op so manier, dat iemand van 'n verre sterrestelsel of sonnestelsel dalk sal sệ: “Hulle lyk nou wel ietwat primitief, maar daar is een ding wat hulle het wat ons nie het nie, en dis is 'n God wat vir hulle omgee.”Dalk 'n lawwe stelling, tog maak dit ons spesiaal in 'n sterrestelsel waarvan ons bitter min weet.

Gebed: Here, ons is maar klein en nietige mensies in 'n oneindige ruimte, tog het U ons so lief gehad dat U u Seun gestuur het om ons veilig deur die melkweg en die die aardse ruimte te lei. Amen