Hennie Symington

Dit is immers die boodskap wat julle van die begin af gehoor het: Ons moet mekaar liefhệ.  1 Johannes 3:11

Sou dit nie wonderlik gewees het as ons alles wat ons hart begeer kon koop nie! Die meeste van ons se begrotings laat dit egter nie toe nie. Tog is daar niks wat ons keer om oordadig en spandabelrig te wees wanneer dit kom by die uitdeel van liefde aan mekaar nie. Liefde is 'n skat wat vermeerder wanneer dit verdeel word. Dit is die een geskenk wat nooit opraak nie; dit word net al hoe meer. Probeer dit! Dit betaal jou om dit weg te gee. Mors daarmee! Maak jou sakke leeg! Strooi dit rond, want more gaan jy meer daarvan hê!

Onthou net, die liefde word nie in jou hart geplant sodat dit daar kan bly lê nie. Die volgende woorde staan êrens op 'n muur in 'n hospitaal vir sielsiekes: Was die oseaan met ink gevul, en was die lug van papier gemaak, en elke stukkie hout 'n veer om mee te skryf, en elke mens 'n skrywer van beroep, sou ons die liefde van God daarbo kon skryf, totdat die see leeg raak en die boekrol kon reik van see tot see en al die rigtings van die wind.(Anon).

Gebed: Here, ons verbeel ons dat ons die liefde besit, tog is die liefde nie gemaak om aan vas te klou nie. Laat ons die liefde versprei, per mond en deur dade van liefde en omgee. Amen