Hennie Symington

Julle het gehoor dat daar gesê is: “jou naaste moet jy liefhê en jou vyand moet jy haat. Maar ek sê vir julle, julle moet julle vyande liefêe, en julle moet bid vir die wat julle vervolg. Matteus 5:44

Hoe kry 'n mens dit reg om vir almal lief te wees. Natuurlik is dit maklik om lief te wees vir die wat vir jou lief is. Maar hoe kry ek dit reg om lief te wees vir iemand vir wie ek niks omgee nie. Skielik besef jy hoe radikaal anders Jesus se liefde is as die van die mens. Ons het lief omdat terwyl Jesus lief het ten spyte van. Ons het lief wanneer dit ons pas. Vir Christus is liefde gehoorsaamheid aan die gebod om lief te hê, selfs wanneer dit alles van ons vra.

Liefde is dus nie 'n gevoel nie, maar 'n daad. Liefde is om die tweede myl te loop selfs al is dit die laaste ding waarvoor jy krag het. Liefde is om na iemand te luister wat deur 'n moeilike tyd gaan, wanneer jy liewer TV wil kyk. Lees weer die definisie van die liefde in 1 Korintiërs 13. Kyk dan na jou lewe in die lig van hierdie definisie. Vra jou af: Hoe goed vaar ek met die liefde?" As daar 'n barometer van die liefde was, sou jou telling meestal hoog of laag gewees het?

Gebed: Here, die woord “liefde” is al so afgesaag en vervlak. Wys my liewer hoe om liefde te betoon deur om te gee vir ander op 'n manier wat hulle nie te wagte is nie. Amen