Hennie Symington

Hulle sê toe vir mekaar: “Het ons hart nie warm geword toe Hy op die pad met ons gepraat en vir ons die Skrif uitgelê het nie?” Hulle het dadelik opgestaan en na Jerusalem toe teruggegaan. … “Die Here het regtig opgestaan en Hy het aan Simon verskyn!”  Lukas 24:32-34

Ek het eenkeer afgekom op die volgende verhaal wat vertel is deur ‘n jong man in Rusland wat tot bekering gekom het in die tyd toe godsdiens streng verbode was. Hy het groot geword onder ‘n kommunistiese bewind waar streng reёls gegeld het in terme van wat jy kon doen en wat jy nie kon doen nie. Hy verduidelik toe vir my waarom en hoe hy ‘n gelowige geword het. Jesus, vertel hy, het hom nie opdrag gegee of hom gedwing om ‘n gelowige te word nie. Jesus het hom toegelaat om sy eie keuse te maak. Daar was geen “breinspoeling” betrokke nie. Jesus het bloot met die jongman gesels en hom eenvoudig gevra om sy hart aan hom te gee. Net so.

Op ‘n geleentheid, het Jesus ‘n lang gesprek gehad met die ryk jong man wat hom gevra het wat hy moet doen om die ewige lewe te beёrwe. Jesus vertel hom toe wat hy moes doen, en laat hom toe om self te besluit. Dieselfde gebeur waar twee vreemde reisigers, op pad na Emmaus met Jesus begin gesels. Jesus staan opsy en wag geduldig vir hulle om hom saam te nooi.

Wat van jou? Hoe benader jy die “soeker”? Respekteer jy sy of haar privaatheid wanneer dit kom by geestelike vrae? Goeie raad is om altyd die liefde te laat geld in jou gesprek met die wat soek of wat vrae het oor geloof.

Gebed: Here, dankie dat U vir ons die weg wys wanneer dit gaan oor goeie maniere wanneer dit kom by die kruis. Gee ons insig wanneer ons met ander oor U praat. Gee dat ons mense sal ag en hulle in liefde en meelewendheid sal nader. Amen