Hennie Symington

“Kyk, die woonplek van God is nou by die mense. Hy sal by hulle bly. Openbaring 21:3

As aardbewoners sệ ons graag: tuine is die plek om te wees. Waar daar ‘n tuin is, daar sal God wees. Ons sal graag vir ‘n ewigheid in die tuin wil woon. Dit was tog sekerlik God se bedoeling dat ons in die paradys moes leef, of hoe? Ons verbeel ons graag hoe nader ons aan die natuur is, hoe nader is ons aan God.

Maak gereed vir ‘n verrassing. Die Hemel is nie ’n tuin nie. Dit is ‘n stad met mure gemaak van Jasper en goud. Die fondasies is van edelgesteente soos robyne, saffiere, beril en topaas. Selfs die rivier van die Lewe word beskryf as kristalhelder. Wanneer ons hierdie gedeelte in Openbaring lees, is ons ‘n bietjie verdwaas. Gaan ons dan nie vir ewig en ewig tuin maak in die Heilige stad nie? InEfesiёrs 5:8 en ‘n paar ander plekke, lees ons dat ons die kinders van die lig sal wees. Ons word van nuuts af geskape as lig. In die begin van die Bybel lees ons dat ons gemaak is van die aarde; in die nuwe hemel en die nuwe aarde vertel die Bybel ons dat ons van ‘n nuwe stof naamlik lig gemaak sal wees. In die nuwe hemel en die nuwe aarde skud ons die modder van die aarde van ons voete af wanneer ons die ewigheid betree.

Dit is hoe God dit beplan het. God het van meet af beplan vir sy mense wie Hy liefhet. In Openbaring 21:3 lees ons, “Kyk, die woonplek van God is nou by die mense. Hy sal by hulle bly; hulle sal sy volk wees, en God sal self by hulle wees as hulle God

Gebed: Here, gee dat ons hierdie asemrowende prentjie in ons harte sal bệre vir tyd en ewigheid. En terwyl ons ons pad na die ewigheid stap, gee dat ons ons oё gerig sal hou op die ewigheid, waar U alles is en alles in almal. Amen.