Ons skrywers

Hennie Symington

Hennie Symington is by  die Bybelgenootskap van Suid-Afrika werksaam as redaksionele bestuurder.

Sy is die skrywer van die verskeie geestelike boeke o.a. As die wind daaroor gaan (CUM), Blom tussen dissels (Lux Verbi); Elke dag 'n nuwe begin (CUM), Lewenskeuses vir dogters (CUM) en ook medeskrywer aan God gee die more Lux Verbi). 


 

Benescke Janse van Rensburg

Benescke Janse van Rensburg het die voorreg gehad om op ’n plaas in die Vrystaat groot te word. Na haar hoërskoolloopbaan aan die Oranje Meisieskool in Bloemfontein, het sy haar universiteitsjare aan die Stellenbosch Universiteit begin. Vandag staan sy met ’n B.A.-graad, ’n onderwyssertifikaat en ’n meestersgraad in Joernalistiek in die hand. Haar passie is om God se Woord en beloftes op ’n kreatiewe, relevante manier oor te dra waarmee die man op straat kan identifiseer.

Benescke werk tans as radio-omroeper, vryskutskrywer vir verskeie geestelike en inspirasietydskrifte en sy is ook een van die ankeraanbieders van die InPas-televisieprogram op KykNET. Sy is onlangs met Johannes Janse van Rensburg getroud wat sy eie biokinetikuspraktyk in Durbanville besit.

Haar lewensdoelwit: As God afkyk aarde toe en iemand benodig om vreemde dinge vir Hom te doen, dat Hy haar sal kies omdat sy bereid is.

Iets om na uit te sien: Haar eerste geestelike dagboek word later vanjaar deur Lux Verbi uitgewers uitgegee.

**Indien jy vir Benescke wil nooi om as motiveringspreker in jou area op te tree kan jy haar kontak by Hierdie e-pos adres is teen spambotte beskerm, jy moet JavaSkrip op jou webblaaier ontsper om dit te kan sien .