Benescke Janse van Rensburg

Een teksvers, een veldslag en ’n belangrike les oor geloof.

In 1 Kronieke 5 lees ons dat sowat 45,000 gedugte krygers uit die Rubeniete, Gadiete en halwe Manassestam opgetrek het om te gaan veg teen krygers uit die Hagarese, Jetur, Nafis en Nodab weermagte. Alhoewel die Rubeniete goed opgeleide krygers was wat met skild, swaard, pyl en boog geveg het, was dit nie hulle vaardighede wat hul suksesvol gemaak het nie.

In 1 Kronieke 5:20 lees ons: “Hulle het God in die stryd aangeroep en Hy het hulle verhoor omdat hulle hulle vertroue in Hom gestel het.Omdat hulle Hom aangeroep het en omdat hulle Hom vertrou het, het Hy aan hulle die oorwinning gegee. Buiten vir die oorwinning wat behaal is, het hulle sowat 50 000 kamele, 250 000 stuks kleinvee en 2000 donkies in die veldslag gebuit.

Ons almal was al in ’n “veldslag” betrokke. Dalk is joune nie ’n fisiese oorlog nie, maar ons veg gereeld emosionele veldslae en die “wat as”-gedagtes kan ons verseker net so angstig en vreesbevange maak soos wanneer ’n see van krygers op ons afgestorm kom.

Wat doen ons te midde van die stryd? Roep ons God aan? Stel ons, ons vertroue in Hom? Hy help ons nie net om die oorwinning te behaal nie, maar Hy is in staat om ons ook heelwat beter-af aan die ander kant te laat wegstap. Kom ons plaas ons vertroue in Hom. Sterkte.

Vader God, baie dankie dat ek nie alleen die stryd hoef te veg nie. Ek plaas my geloof en vertroue vandag opnuut in U om my te help met (noem spesifieke area). Dankie, by voorbaat dat U namens my veg. Ek bid daarvoor in die Naam van Jesus Christus. Amen. 

Vir meer stories:
  o Webtuiste:  www.benescke.co.za 
  o Facebook: https://www.facebook.com/storiesvanhoop
  o Instagram: https://www.instagram.com/storiesvanhoop

Terugvoer: Gesels saam by This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.. Jy kan ook jou getuienis deel oor iets wat God in jou lewe gedoen het wat dalk ander lesers kan bemoedig.