Ewald Schmidt
He got up, rebuked the wind and said to the waves, 'Quiet! Be still!' Then the wind died down and it was completely calm. Mark 4:39, NIV
The disciples were experienced fishermen. They knew the storms on the Sea of Galilee. But this one was different. The wind blew fiercely, the waves crashed over the boat, and water began to enter the boat. Their lives were in danger. But Jesus? He lay calmly and slept.
Perhaps this is the part that unsettles us most – not just the storm, but more so the silence of Jesus in the storm.
How often do we feel the same? Illness strikes unexpectedly. A disappointment hits. A relationship breaks. Uncertainty about the future washes over us like waves. And it feels as if the Lord is silent. We cry out: “Lord, do you not care that we are perishing?”
But take note of this: Jesus was in the boat with them.
He was not absent. He was not unaware of the situation. He was there. His presence did not immediately stop the storm – but it meant the storm would not have the final say.
When he rose, he spoke just three words. The wind obeyed. The sea submitted. Even nature recognised his authority, and there was a great calm. The same voice that said at the beginning, “Let there be light,” brought rest to a turbulent sea.
Gratitude for peace during storms does not mean we deny the reality of difficult times, it simply means that we remember who is in the boat with us. Our peace does not depend on the absence of storms, but on the fact that Christ is Lord – even over the storms.
Jesus’ question to the disciples is gentle but direct: “Why are you so afraid? Do you still have no faith?” Faith does not mean we never feel fear, it means that even with trembling hands, we hold fast to him.
Sometimes he speaks to the storm, and it becomes calm. Sometimes he does not change the circumstances immediately, but first brings peace into our hearts – a deeper rest, a firm trust that we are safe, even when the waves crash.
The greatest storm possible – God’s judgment over sin – he has already silenced on the cross. Therefore, no other storm can ultimately destroy us.
He is in the boat, even when he may seem absent to us.
Prayer: Lord Jesus, thank you that you are with me in every storm. Forgive me when I doubt your care. Give me faith to trust that you are Lord over every wind and every wave. Bring your peace into my heart, even when the sea and storm around me is turbulent. Amen.
Ewald Schmidt
Toe staan Hy op, bestraf die wind en sê vir die see: “Wees stil, bedaar!” Die wind het gaan lê, en daar het 'n groot kalmte gekom. Markus 4:39, 2020-vertaling
Die dissipels was ervare vissermanne. Hulle het storms op die See van Galilea geken. Maar hierdie een was anders. Die wind het gewaai, die golwe het oor die boot geslaan, en die water het begin inkom. Hulle lewens was in gevaar. Maar Jesus? Hy het rustig gelê en slaap.
Dit is dalk die deel wat ons die meeste ontstel. Nie net die storm nie – maar die stilte van Jesus in die storm.
Hoeveel keer voel ons nie so nie? Die siekte kom onverwags. 'n Teleurstelling tref. 'n Verhouding breek. Onsekerheid oor die toekoms spoel oor ons soos golwe. En dit voel asof die Here stil is. Ons roep: “Here, gee U dan nie om dat ons vergaan nie?”
Maar let mooi op: Jesus was in die boot saam met hulle.
Hy was nie afwesig nie. Hy was nie onbewus van die situasie nie. Hy was daar. Sy teenwoordigheid het nie die storm onmiddellik verhoed nie – maar dit het beteken die storm sou nie die laaste sê hê nie.
Toe Hy opstaan, het Hy net 'n woord gespreek. Die wind het geluister. Die see het gehoorsaam. Die natuur self erken sy gesag. En daar het 'n groot stilte gekom. Dieselfde stem wat aan die begin gesê het “Laat daar lig wees”, bring nou rus op 'n onstuimige see.
Dankbaarheid vir vrede in storms beteken nie ons ontken die werklikheid van moeilike tye nie. Dit beteken ons onthou wie in die boot is. Ons vrede lê nie daarin dat daar geen storms is nie, maar daarin dat Christus Here is – ook oor die storms.
Jesus se vraag aan die dissipels is sag maar reguit: “Waarom is julle bang? Het julle dan nie geloof nie?” Geloof beteken nie dat ons nooit bang voel nie. Dit beteken dat ons, selfs met bewerige hande, vashou aan Hom.
Soms spreek Hy die storm aan en dit word stil. Soms verander Hy nie onmiddellik die omstandighede nie, maar bring Hy eers stilte in ons harte. 'n Dieper rus. 'n Vaste vertroue dat ons veilig is, selfs wanneer die golwe slaan.
Die grootste storm – God se oordeel oor sonde – het Hy reeds aan die kruis stilgemaak. Daarom kan geen ander storm ons uiteindelik vernietig nie.
Hy is in die boot. Selfs wanneer Hy dalk vir ons afwesig lyk.
Gebed: Here Jesus, dankie dat U by my is in elke storm. Vergewe my wanneer ek twyfel aan u sorg. Gee my geloof om te vertrou dat U Here is oor elke wind en elke golf. Bring u vrede in my hart, selfs wanneer die see rondom my onstuimig is. Amen
Ewald Schmidt
Therefore he is able to save completely those who come to God through him, because he always lives to intercede for them. Hebrews 7:25, NIV
Who then is the one who condemns? No-one. Christ Jesus who died – more than that, who was raised to life – is at the right hand of God and is also interceding for us. Romans 8:34, NIV
We often think of Jesus’ work as being in the past – his cross and his resurrection, and rightly so. But the gospel also teaches us something wonderful about Jesus: He is still at work in the present. He did not stop caring for his people after his ascension. He lives – and he intercedes for us.
Hebrews says he “always lives to intercede for us.” This means his work is not finished; but that he is actively engaged in it right now. There is not a distant, inactive Saviour sitting at the right hand of the Father, but a High Priest who presents our names before God.
What does this mean in practice?
It means that when I stumble, there is One who pleads for and on behalf of me. When my prayers are weak and broken, there is One who presents them perfectly before the Father’s throne on my behalf. When the accuser wants to condemn me, Jesus stands as my Advocate. He does not point to my merits, but to his own work for my sake.
Romans 8 places this truth in a powerful context: Who can bring a charge against us? Who can condemn us? Christ has died, he is risen, he sits at the right hand of God – and he intercedes for us. The One with the highest authority is the One who prays for me.
This brings deep comfort. There are days when I do not even know how to pray. There are times of discouragement or spiritual drought. But my salvation does not depend on and is not influenced by the quality of my prayers; it rests on the perfect intercession of Jesus.
Thankfulness for his continuous intercession gives me confidence. I am not alone in my struggle against sin. I am not left to my own strength or devices. My faith is held firm by him who intercedes for me.
It also means that my future is secure. Hebrews says he can “save completely.” Not halfway and not temporarily. Completely. From beginning to end. Because he lives for ever.
Jesus told Peter: “But I have prayed for you, Simon, that your faith may not fail.” That same Lord continues to pray for his children today.
Prayer: Lord Jesus, thank you that you not only died for me approximately 2000 years ago, but you also intercede for me now. Thank you that my salvation is secure in your hands. Give me rest in the knowledge that you always live to advocate for me. Amen.
Ewald Schmidt
Dit is waarom Hy ook volkome in staat is om hulle wat deur Hom na God toe kom, te verlos – omdat Hy altyd leef, om ter wille van hulle in te tree. Hebreërs 7:25, 2020-vertaling
Wie kan ons veroordeel? Christus Jesus het gesterf, maar meer as dit: Hy is uit die dood opgewek, Hy sit aan die regterhand van God, Hy pleit vir ons. Romeine 8:34, 1983-vertaling
Ons dink dikwels aan Jesus se werk in die verlede – sy kruis en sy opstanding. En dit is reg so. Maar die evangelie leer ons ook iets wonderliks oor die hede: Jesus werk steeds. Hy het nie ná sy hemelvaart opgehou om vir sy mense om te gee nie. Hy leef – en Hy tree vir ons in.
Hebreërs sê Hy “leef altyd” om vir ons in te tree. Dit beteken sy werk is nie net afgehandel nie; Hy is steeds besig daarmee. Aan die regterhand van die Vader staan nie 'n stil, afsydige Verlosser nie, maar 'n Hoëpriester wat ons name voor God bring.
Wat beteken dit prakties? Dit beteken wanneer ek struikel, is daar Een wat vir my pleit. Wanneer my gebede swak en gebroke is, is daar Een wat dit suiwer voor die Vader se troon namens my bring. Wanneer die aanklaer my wil veroordeel, staan Jesus as my Voorspraak. Hy wys nie na my meriete nie, maar na sy eie werk ter wille van my.
Romeine 8 plaas hierdie waarheid in 'n magtige konteks: Wie kan ons aankla? Wie kan ons veroordeel? Christus het gesterf, is opgewek, sit aan die regterhand van God – en Hy tree vir ons in. Die Een wat die hoogste gesag het, is die Een wat vir my bid.
Dit bring 'n diep troos. Daar is dae wat ek nie eers weet hoe om te bid nie. Daar is tye van moedeloosheid of geestelike droogte. Maar my verlossing hang nie af van die kwaliteit van my gebede nie. Dit rus op die volmaakte betrokkenheid van Jesus in my lewe.
Dankbaarheid vir sy voortdurende voorbidding gee my sekerheid. Ek is nie alleen in my stryd teen sonde nie. Ek is nie oorgelaat aan my eie standvastigheid nie. My geloof word vasgehou deur Hom wat vir my intree.
Dit beteken ook dat my toekoms veilig is. Hebreërs sê Hy kan “volkome verlos”. Nie halfpad nie. Nie tydelik nie. Volkome. Van begin tot einde. Want Hy leef altyd.
Jesus het vir Petrus gesê: “Ek het vir jou gebid dat jou geloof nie ophou nie.” Daardie selfde Here bid vandag nog vir sy kinders.
Gebed: Here Jesus, dankie dat U nie net vir my gesterf het nie, maar dat U nou vir my intree. Dankie dat my redding veilig is in u hande. Gee my rus in die wete dat U altyd leef om vir my te pleit. Amen.
Ruanne van Zyl
Wees veral versigtig met wat in jou hart omgaan, want dit bepaal jou hele lewe. Spreuke 4:23, 1983-vertaling
Die hart waarvan hierdie vers praat, is nie net emosies nie, maar die sentrum van ons gedagtes, begeertes en motiewe. Alles wat ons doen, begin hier. Daarom sê God ons moet dit “veral versigtig” bewaak.
Ons harte word daagliks beïnvloed deur wat ons sien, hoor en oor dink. Negatiewe woorde, vergelyking met ander, vrees en bitterheid kan stil-stil wortelskiet. As ons dit nie aanspreek nie, begin dit ons houding en optrede beheer. 'n Onbewaakte hart lei tot 'n onrustige lewe.
Om jou hart te bewaak, beteken nie om koud of afgesluit te wees nie. Dit beteken om doelbewus te kies wat jy toelaat om jou binneste te vorm. Dit vra dat ons gereeld ons gedagtes aan God se waarheid toets. Wanneer leuens soos “ek is nie goed genoeg nie” of “niks sal verander nie” opkom, moet ons dit vervang met wat God sê.
'n Gesonde hart bring lewe. Dit lei tot geduld, liefde en wysheid in moeilike situasies. Wanneer ons hart vol vrede is, reageer ons anders op druk en konflik. Die kwaliteit van ons lewe word dus direk beïnvloed deur die toestand van ons binneste wêreld.
God is nie net geïnteresseerd in ons dade nie, maar in wat dit dryf. Wanneer ons Hom toelaat om ons harte te reinig en te vernuwe, verander Hy ons van binne na buite.
Gebed: Here, wys my wat in my hart nie van U af kom nie. Help my om my gedagtes te vul met u waarheid en my hart te bewaak sodat my lewe U eer. Amen.