Vers-n-dag Vers-n-dag
Vers-n-dag Vers-n-dag
  • tuisblad
  • dagstukkies
  • verse-a-day
  • intekening
    • english - verse-a-day

Vers n dag - 9 Junie

Wie is God in jou lewe?

Hennie Symington

Die Bybel gee ons baie beskrywings van en metafore vir God. Met watter van die volgende beskrywings voel jy tuis? Sommige is waarskynlik vir  jou onbekend of moeilik om jou mee te vereenselwig maar in elkeen proe ons iets van die rykheid en die misterie van God wat ons verstand te bowe gaan.

Skepper God

In die begin het God die hemel en die aarde geskep. Gen. 1:1

Jaweh

Toe sê God vir Moses: “Ek is wat Ek is.” Jy moet vir die Israeliete sê: ‘Ek is’ het my na julle toe gestuur. Eks. 3:14

Leidsman en gids

Die Here het bedags met 'n wolkkolom voor hulle uit gegaan om vir hulle die pad te wys en snags met 'n vuurkolom om vir hulle lig te verskaf, sodat hulle dag en nag kon trek. Eks 13:21

Beskermer

Julle het gesien wat Ek aan Egipte gedoen het, en hoe Ek julle soos op arendsvlerke veilig gedra en na My toe gebring het. Eks. 19:4

Sagte Stem

En na die vuur was daar 'n fluistering in die windstilte. 1 Kon.19:12

Beskermer

U is my toevlug en my veilige vesting, my God op wie ek vertrou. Ps. 91:2

Krygsman

Die Here ruk op soos 'n soldaat, strydlustig soos 'n krygsman.

Hy skree en roep die oorlogskreet uit. Hy oorwin sy vyande. Jes. 42:13

Pottebakker

“Kan Ek nie met julle doen wat hierdie pottebakker met die klei gedoen het nie, Israel?” vra die Here. “Soos klei in die pottebakker se hand, so is julle in my hand, Israel.” Jer. 18:16

Saaier

'n Saaier het eendag gaan saai. Mat. 13:3

Pappa

...julle het die Gees ontvang wat julle tot kinders van God maak en wat ons tot God laat roep: “Abba!” Dit beteken Vader. Rom. 8:15

Die geduldige tuinier

Maar die tuinier antwoord: “Meneer, laat hom nog hierdie jaar staan. Ek sal die grond rondom hom omspit en bemes.” Luk. 13:8

Die moederhen

... hoe dikwels wou Ek jou kinders bymekaarmaak soos 'n hen haar kuikens onder haar vlerke ... Luk. 13:34

Genadige Vader

Toe sê die pa vir hom: “Kind, jy is altyd by my, en alles wat ek het, is ook joune. Maar ons kan tog nie anders as om fees te vier en bly te wees nie, want hierdie broer van jou was dood, en hy lewe weer; hy was verlore, en ons het hom teruggekry.” Luk. 15:31

God wat treur

Toe Jesus haar dan sien ween en die Jode wat saam met haar gekom het, ook sien ween, het Hy geweldig bewoë geword in sy gees en Hom ontstel. Joh. 11:33

God se Naam is jou skild

Daar is tye wanneer ons almal God se bestaan bevraagteken. Dit is wanneer die Naam van God wat op ons harte gegraveer is, ons deur dra. Voeg die beeld van God wat jy in jou kop het by die lys. Loop dan in die tuin of ʼn plek waar niemand jou kan hoor nie, en roep God by die name op die lys aan. Watter van die name raak jou diepste wese aan? Roep God aan op hierdie naam en vertel hom van jou onsekerheid en vertwyfeling. Probeer om God op nuwe maniere te sien al moet jy wegbreek van die geykte beeld van God uit jou kindertyd. God is meer en groter as wat jy ooit kon droom.

Previous article: Vers n dag - 10 Junie Prev Next article: Vers n dag - 8 Junie Next

Copyright © 2024 Vers-n-dag. All Rights Reserved.