Vers-n-dag Vers-n-dag
Vers-n-dag Vers-n-dag
  • tuisblad
  • dagstukkies
  • verse-a-day
  • intekening
    • english - verse-a-day

Diensbaarheid gee jou vreugde - 30 September 2013

Quintus Heine

“ As Ek, wat julle Here en julle Leermeester is, dan julle voete gewas het, behoort julle ook mekaar se voete te was.” Johannes 13:14

In die gedeelte wat ons saam gelees het, het die Here Jesus geen twyfel wat ʼn mens se lewe vol blydskap maak nie. In vers 14 stel Hy dit duidelik dat ons mekaar se voete moet was. In vers 17 word gesê: Gelukkig is julle as julle dit ook doen.

In die Middeleeue was daar ʼn man met die naam van Francis van Assisi.  Hy was die vader van die Franciskaanse orde. Hulle het ʼn baie eenvoudige leefwyse gehad en hulle lewenstyl was ingestel op diensbaarheid vandaar die bekende gebed wat sy lewensleuse was: Dit klink so:

Here maak my ʼn instrument van u vrede

Waar daar haat is, laat my liefde saai

Waar daar twyfel is, geloof

Waar moedeloosheid is, hoop

Waar donkerte is, lig

Waar droefheid is, vreugde

O Goddelike meester gee dat ek eerder sal troos as om troos te soek

Eerder sal verstaan, as begrip te soek

Eerder sal liefhê as om liefde te soek

Want deur te gee, ontvang ons

Deur te vergewe word ons vergewe

En deur te sterwe word ons gebore tot die ewige lewe!

Diensbaarheid is om ander mense gelukkig te maak -op watter manier ook al: Want dan sal jy ook gelukkig wees. Dan sal jy ook die betekenis van die lewe raaksien! Mag diens aan die Here en aan ander mense jou werklik vreugde gee.

Gebed: Dankie dat u diens aan die kruis my lewe vol vreugde gemaak het. Gee dat ek ook my lewe vir ander sal gee. Amen

Previous article: God ken jou - 1 Oktober 2013 Prev Next article: Is jy gereed as die Here vandag sou kom? - 27 September 2013 Next

Copyright © 2024 Vers-n-dag. All Rights Reserved.