Vers-n-dag Vers-n-dag
Vers-n-dag Vers-n-dag
  • tuisblad
  • dagstukkies
  • verse-a-day
  • intekening
    • english - verse-a-day

Elke ding het sy tyd - 11 November 2013

Riélle Heine

“Elke ding het sy vaste tyd, elke ding in hierdie wêreld het sy tyd; God het elke ding gemaak dat dit pas in ‘n bepaalde tyd.”  Prediker3:1,11a

Daagliks kom die konsep van tyd iewers in ons gesprekke voor.  Wat skokkend is, is dat dit meestal in ‘n negatiewe konteks genoem word.  Iets in die lyn van “ek is so besig, ek het nie tyd gehad nie”of “alles is so gejaagd” of “kyk net, hoe het die tyd gevlieg”.

Tyd wat bedoel was as ‘n geskenk van God, raak óns baas.  In plaas daarvan dat ons in beheer is van ons tyd , voel dit asof tyd ‘n skaatsplank is wat onder ons voete beland het waaraan ons desperaat vasklou om bo te bly!  Baie dinge beplan ons tot die fynste besonderheid, maar met ons tyd gaan ons onverskillig om.

Te dikwels dink ons so oor ons tyd:

Elke ding kan wag tot later,

elke ding in hierdie wêreld kan uitgestel word

tot ek lus is om dit te doen

tot ek beter voel

tot my kinders ouer is, of uit die huis is

tot ek my eers siek bekommer het daaroor

… tot dit te laat is.

Dalk is daar ‘n brief, epos, telefoonoproep of ‘n besoek wat jy al vir weke uitstel – dalk is dit vandag die tyd om dit te doen.  Dalk is dit vandag die tyd om te bemoedig, te vergeef,  te praat of om stil te bly.  Dalk het die tyd vandag aangebreek om terug te gaan en reg te maak.

Ek vind nou die dag hierdie Engelse versie tussen kosbare wegbêre-kaartjies [wens ek het geweet wie die skrywer is]:

When I have time

there is a poem to be written,

a song to be sung

When I have time

there is a child to be led

a prayer to be said.

When I have time

I’ll tell you a story,

I’ll visit a friend.

Alas, time is gone –

The poem’s unwritten,

The song unsung

The child is a man

grown up unled

The prayer, ah! the prayer,

it went unsaid.

The story is ended.

Gebed:  Here, laat my elke dag opnuut besef dat tyd ‘n groot geskenk van U is.  Help my om nie dinge uit te stel nie.  Help my om my tyd te beplan, die ure te gryp en te benut. Amen

Previous article: Elke ding het sy vaste tyd [ii] - 12 November 2013 Prev Next article: Word stil - 8 November 2013 Next

Copyright © 2024 Vers-n-dag. All Rights Reserved.