Vers-n-dag Vers-n-dag
Vers-n-dag Vers-n-dag
  • tuisblad
  • dagstukkies
  • verse-a-day
  • intekening
    • english - verse-a-day

Vers n dag - 28 Junie

Seisoene van geloof

Hennie Symington

Toe iemand eenkeer vir ‘n bekende prediker vra hoe lank hy aan sy preek voorberei, antwoord hy:  “My hele lewe lank.”

Dit geld ook ons geloof. Ons gisters leun swaar op vandag en die hede bepaal hoe ons na die toekoms  kyk. Dwarsdeur ons lewens word ons gevorm in voorbereiding vir nou.Alles wat met jou gebeur het, bepaal jou reaksie op jou ontmoeting met God.

Ons gaan almal deur stadiums wat ons geloof beïnvloed - van die “sturm und drang” van ons tienderjare met al die hoogte- en laagtepunte en die van jong volwassenes wat nuwe sekerhede in hulle geloof vind en dit hulle eie maak, tot die middeljare wanneer  ons weer met ander oë na geloof kyk. En dan die rypheid van die grysheid wat ons dalk weer bring by die een sekerheid : “Jesus min my, salig lot!”

Geloof is dinamies

Daar is egter tye wanneer jy as gelowige getref word deur ʼn  onvergenoegdheid en ʼn ontevredenheid met jou geloof. Dis asof jou geloof gestagneer het in een of ander stadium en jy verveeld geraak met afgesaagde antwoorde en verduidelikings. Jy soek na ʼn sleutel om die geheim van vreugde en verdriet, jeug en ouderdom, lewe en dood te ontsluit. Daardie sleutel is ʼn geloof wat tred gehou het met  wat in verskillende tye met jou gebeur.

Onthou, geloof is ʼn reis. Geniet die rit!

Gebed vir vandag

Die wonder van geloof is dat dit groei saam met elke seisoen van ons lewe.   Dankie dat U ‘n God vir alle tye is.

Vers ʼn dag

Toe ek 'n kind was,
het ek gepraat soos 'n kind,
gedink soos 'n kind,
geredeneer soos 'n kind.
Maar noudat ek 'n man is,
is ek klaar met die dinge van 'n kind.
12 Nou kyk ons nog
in 'n dowwe spieël
en sien 'n raaiselagtige beeld,
maar eendag sal ons alles sien
soos dit werklik is.
Nou ken ek net gedeeltelik,
maar eendag sal ek ten volle ken
soos God my ten volle ken. 1 Kor. 13:11-12

Previous article: Vers n dag - 29 Junie Prev Next article: Vers n dag - 25 Junie Next

Copyright © 2024 Vers-n-dag. All Rights Reserved.