Vers-n-dag Vers-n-dag
Vers-n-dag Vers-n-dag
  • tuisblad
  • dagstukkies
  • verse-a-day
  • intekening
    • english - verse-a-day

Wie is God [iii] - 15 November 2013

Riélle Heine

Daarna sê Moses vir God: “Sê nou maar ek kom by die Israeliete en ek sê vir hulle: ‘Die God van julle voorvaders het my na julle toe gestuur,’ en hulle vra vir my: ‘Wat is sy Naam?’ wat moet ek dan vir hulle sê?” Toe sê God vir Moses: “Ek is wat Ek is. Jy moet vir die Israeliete sê: ‘Ek is’ het my na julle toe gestuur.” Eksodus 3:13-14

Regdeur die Bybel, stel God Hom met verskillende name aan sy kinders voor.  Wat besonder is hiervan, is dat hierdie name nie deur mense uitgedink is nie, maar dat God die inisiatief neem en as’t ware sy karakter en aard aan mense deurgee deur middel van sy Naam.  As ‘n mens na die oorspronklike Hebreeuse name teruggaan, val daar  - soos deur ‘n kristal met baie fasette – lig op verskeie kwaliteite van God.

JEHOVA (YHWH) – “Ek is”

ELOHIM – Die Almagtige; Die Skepper

JEHOVAH-TSIDKENU - Die Here ons Geregtigheid

IMMANUEL – God met ons

ADONAI – Groot Almagtige God

JEHOVA-RAPHA – God wat genees

JEHOVAH-ROHI – Die Here is my Herder

YEHOVAH-SHAMMAH – Die God wat teenwoordig is

ELROI – Die God wat my sien

EL SHADDAI – Die Voldoende Een; God van die Berge, God Almagtige

Hierdie name is dus karaktereienskappe van God.  Dit is Wie God is en Hoe God is.  Dit is sy aard.  Dit is wat ons kan verwag as ons met die Almagtige te doen het!

Gebed:  Here, u Naam is heilig.  Dat ek U durf aanroep, is ‘n onbegryplike genade! Ek is verstom!  Ek wil vanoggend net voor u Heiligheid en Almag stil word. Amen

Previous article: Christus is die brood wat lewe gee - 18 November 2013 Prev Next article: Wie is God [ii] - 14 November 2013 Next

Copyright © 2024 Vers-n-dag. All Rights Reserved.