Vers-n-dag Vers-n-dag
Vers-n-dag Vers-n-dag
  • tuisblad
  • dagstukkies
  • verse-a-day
  • intekening
    • english - verse-a-day

Blye Versekering - 12 Maart 2014

Neville Turley

 

En die getuienis behels dit: God het ons die ewige lewe gegee en die lewe is deur sy Seun. Wie die Seun het, het die lewe; wie nie die Seun van God het nie, het ook nie die lewe nie.  1 Johannes 5:11-12

Alle Christene het een ding in gemeen. Op een of ander stadium het hulle van Jesus gehoor en in Hom geglo.

Deur Jesus gee God aan ons die ewige lewe. Dit is God se geskenk aan ons. Ons het hierdie versekering dat ons vir ewig sal lewe. Wat 'n ontsagwekkende openbaring.

Hoe reageer ons?

Reaksie hierop verskil van individu tot individu. Die Heilige Gees lei sommige mense om hierdie getuienis met 'n wye gehoor te deel, terwyl dit vir ander 'n baie persoonlike saak is.

Blaise Pascall (1623-1662) was onder andere 'n beroemde wiskundige, 'n fisikus asook die ontwerper van die eerste rekenmasjien, die “Blaise Pascaline”.

Hy het dit waarin hy geglo het op 'n stukkie papier neergeskryf.  Na sy dood is hierdie stukkie papier in die voering van sy pak klere gevind. Die stukkie papier het hom konstant herinner aan dit waarin hy geglo het.  Hy dit altyd by hom gehad en soos hy pakke verander het, seker gemaak dat dit in die voering van sy pak was.

Hier volg 'n vrye vertaling van dit wat hy neergeskryf het:

God van Abraham, God van Isak, God van Jakob.

Oortuiging.  Blydskap.  Vrede.

God van Jesus Christus

My God en jou God

jou God sal my God wees

Vergeet die wêreld, vergeet alles, behalwe God

Hy kan slegs gevind word in die leringe van die Evangelie.

Regverdige Vader die wêreld het U nie geken nie, Maar ek het U geken

Blydskap, blydskap, blydskap, trane van vreugde.

Dit is die ewige lewe, dat hulle U ken, die ware, enigste God, en die Een wat U gestuur het, Jesus Christus.

Volkome oorgawe aan Jesus Christus

Ewige vrede vir die voorreg van 'n dag op aarde

Mag ek nooit u woorde vergeet nie.  AMEN

Pascall se voortdurende herinnering daaraan dat hy die ewige lewe besit, het aan hom die blye versekering gegee dat hy dit waarna sy siel op soek was, besit.

Loof die Here dat ons ook daardie blye versekering kan hê.

Gebed:  Hemelse Vader, gee dat ons wat die ewige lewe ontvang het, elke dag deur die Heilige Gees in Jesus Christus vernuwe sal word. Ons bid dit in die Naam van u Seun. Amen

Previous article: Die wederkoms van ons Here - 13 Maart 2014 Prev Next article: Wat is die betekenis van die lewe? - 11 Maart 2014 Next

Copyright © 2024 Vers-n-dag. All Rights Reserved.