Vers-n-dag Vers-n-dag
Vers-n-dag Vers-n-dag
  • tuisblad
  • dagstukkies
  • verse-a-day
  • intekening
    • english - verse-a-day

God, die Outeur van konneksie - 11 Junie 2014

Carina Francke

Teksvers: Genesis 1:26,27: "En God het gesê: laat Ons mense maakna ons Beeld, na ons gelykenis, en laat hulle heers..... En God het die mens geskape na sy Beeld; na die Beeld van God het Hy hom geskape; man en vrou het Hulle geskape."

Toe God die mens skep, doen Hy dit nie alleen nie, maar vanuit die verhouding wat bestaan tussen die "Ons" - die Drie-Eenheid. Dit is egter eers as die lewensasem van God in hulle geblaas word, dat hulle lewende siele word, dat die beeld van God in hulle gestalte kry.

Besef jy wat dit beteken? Ek en jy kan met Hom konnekt en in verhouding met Hom staan! Ja, die sondeval hét hierdie spontane, natuurlike en goddelike verhouding kom vernietig, maar die "Ons" het dit herstel.  God se liefdeshart, Jesus se dienskneghart en die Heilige Gees se vernuwingswerk in die lewe van elke mens wat glo,  maak dit vir ons moontlik om weer 'n een op een verhouding met die "Ons" te geniet.

As 'n verhoudinsgwese was God terdeë daarvan bewus dat die mens ook 'n behoefte sal ervaar om in verhouding met sy eie soort te staan, maar Adam sou self tot hierdie kennis moes kom. Dit gebeur toe hy al die diere name gegee het en niemand daar vind wat soos hy is nie. Eers toe neem die Skepper aksie en bou 'n ander mens, 'n vrou,  met wie hy kan konnekt en in verhouding staan.

Dit baie duidelik dat die mens nie net geskape is om mens vir God te wees nie, maar ook om mens vir ander mense te wees. Ja, ons sukkel  maar om in 'n  gebroke wêreld selfs net met mense te konnekt, wat nog te sê van verhoudinge bou, maar as jy  gewillig is om uit Jesus se lewe  te leer, kan jy dalk net beleef hoe jóú menswees, 'n ander mens kan vetroos en hoop vir môre gee.

Ek wil jou uitdaag om in die volgende week met ten minste twee mense betrokke te raak op meer as die hoflike manier van: "Hoe gaan dit met jou vandag?" Vind iets wat jou met hom as mens kan laat konnekt.

Gebed: Vader, baie dankie vir die ongelooflike voorreg om mens te wees vir U en vir ander.  Hóé ek dit moet wees, is egter 'n vaardigheid wat U my moet leer, daarom vra ek vir U insig en 'n oop oor as die Heilige Gees met my praat.

Previous article: Konneksie: Wees mens vir ander mense - 12 Junie 2014 Prev Next article: Jou tuiste....Bewaak dit - 10 Junie 2014 Next

Copyright © 2024 Vers-n-dag. All Rights Reserved.