Vers-n-dag Vers-n-dag
Vers-n-dag Vers-n-dag
  • tuisblad
  • dagstukkies
  • verse-a-day
  • intekening
    • english - verse-a-day

Hoop vir die wêreld - 16 Januarie 2014

Neville Turley

Die woord van God het verder versprei, en die getal gelowiges in Jerusalem het geweldig toegeneem. Selfs 'n groot aantal priesters het gelowig geword.  Handelinge 6:7

Jerusalem was vol opwinding en afwagting oor die verstommende nuus dat Jesus uit die dood opgestaan het. Indien dit waar was, was dit logies om te hoop dat die dood nie finaal is nie. Die impak hiervan het ver en wyd gestrek.

Die aantal gelowiges het met rasse skrede toegeneem. Beide Jode en nie-Jode het die Heilige Gees ontvang en is in die Naam van Jesus Christus gedoop. (Handelinge 10:47-48) In Antiogië is gelowiges vir die eerste keer Christene genoem. (Handelinge 11:26)

Flavius Josephus, 'n Fariseër en bekende Romeinse geskiedskrywer is in 37 n.C. gebore. Hy skryf oor onder andere die tyd wat Jesus geleef het en het die volgende oor Christene te sê: "Now there was about this time, Jesus, a wise man, if it be lawful to call him a man, for he was a doer of wonderful works, – a teacher of such men as receive the truth with pleasure. He drew over to him both, many of the Jews and many of the Gentiles. He was (the) Christ; and when Pilate, at the suggestion of the principal men amongst us, had condemned him to the cross, those that loved him at the first did not forsake him, for he appeared alive to them again the third day, as the divine prophets had foretold these and ten thousand other wonderful things concerning him; and the tribe of Christians, so named from him, are not extinct at this day."  Antiquities of the Jews: Flavius Josephus

“The tribe of Christians” waarna Flavius Josephus verwys, neem steeds toe. Die Christendom is die grootste godsdiens ter wêreld. Volgens Todd M Johnson en Peter F Crossing in 'n artikel " Independent Christianity and Slum Dwellers" was daar in 2013 byna 2,4 miljard Christene in die wêreld, wat sowat een derde van die wêreldbevolking uitmaak.

Gebed: Aan U kom al die eer toe, Vader Seun en Heilige Gees. Hemelse Vader, gee dat u Woord sal voortgaan om regoor die wêreld die harte van mense aan te raak. Ons vra dit in die Naam van u Seun, Jesus Christus.  Amen

Previous article: Hoop vir ons kinders - 19 Januarie 2015 Prev Next article: Die krag van hoop - 15 Januarie 2015 Next

Copyright © 2024 Vers-n-dag. All Rights Reserved.