Vers-n-dag Vers-n-dag
Vers-n-dag Vers-n-dag
  • tuisblad
  • dagstukkies
  • verse-a-day
  • intekening
    • english - verse-a-day

Vers n dag - 8 Oktober

5.    Hoe dien ek die Koninkryk deur te hoop?

Hennie Symington

Skrifgedeelte

Nou het ons ʼn lewende hoop op die onverganklike, onbesmette en onverwelklike erfenis wat in die hemel ook vir julle in bewaring gehou word. 5 1 Pet.1:2

En mag julle in al die goeie wat julle in woord en daad doen, bemoedig en gesterk word deur ons Here Jesus Christus God ons Vader. Hy het aan ons sy liefde bewys en aan ons deur sy genade ʼn blywende troos en goeie hoop gegee. 1 Tess. 2: 16-17

Hoe moet ons hoop?

Om vas te hou aan hoop op ʼn beter wêreld wanneer hoop se “laaste spore in wanhoop my ontgaan” het, lyk na ʼn byna onbegonne taak. Wanneer dit duidelik word dat die mens die aarde onbewoonbaar gemaak het deur hulle selfsug en inhaligheid, wil dit lyk asof hoop die duiwel se laaste lag is. Tog lees ons in die Woord die hoop beskaam nie. Hoe moet ons dan hoop?

Hoop is handeling

Hoop is nooit passief nie. Hoop is handeling in die geloof dat ʼn belofte waar sal word, miskien nie in jou leeftyd nie maar wanneer die tyd ryp geword het.

Hoop is weerstand.

Dit is ʼn aktiewe weerstand teen hopeloosheid en uitsigloosheid. Dit beteken om nie net maar te aanvaar dat daar geen einde ellende is nie, maar om aktief mee te werk om die hoop ʼn werklikheid te maak, selfs al is die hoop skraal. Hoe anders gaan ons die sameweling ’n better plek maak vir almal.

Hoop is ʼn waagstuk.

Almal het gedink Abraham soek vir moeilikheid toe hy sonder huisgode en buite die beskerming van die plaaslike gode die wildernis in trek. Maar om hoop te laat vaar is om toe te gee aan wanhoop. Dit is om jou deelname aan die herskepping van die aarde prys te gee en gelate te sê:  Dis hoe dit is. Ek sien geen uitkoms nie. Ek sien geen moontlikheid op verandering nie.

Hoop is ʼn lewende deelname

Ons deelname aan die wêreld gee gestalte aan dit waarop ons hoop. As dit geregtigheid en ʼn kans op lewe vir almal is, is dit waarvoor ons ons beywer. Om te hoop op verligting van swaarkry en pyn beteken egter om jou moue op te rol en alles in jou vermoë te doen om daardie hoop waar te maak. Om gestalte te gee aan hoop is om ʼn appelboom te plant soos Marten Luther selfs as jy geweet jy sou die volgende dag sterf.

Here, om te sit en wag vir dinge om te gebeur, is die grootste daad van wanhoop wat ʼn mens kan pleeg. Help my om te doen terwyl ek wag.

Previous article: Vers n dag - 11 Oktober Prev Next article: Vers n dag - 7 Oktober Next

Copyright © 2024 Vers-n-dag. All Rights Reserved.