Vers-n-dag Vers-n-dag
Vers-n-dag Vers-n-dag
  • tuisblad
  • dagstukkies
  • verse-a-day
  • intekening
    • english - verse-a-day

Vers n dag - 26 Oktober

Koninkryk van Genade

Hennie Symington

Skriflesing

“Nee! Ons , en ook hierdie gelowiges, glo dat ons net deur die genade van die Here Jesus gered word.” Hand.15:11

Die Here is gretig om julle genadig te wees.  Jes. 30:18

Sonde maak sy merk

Daar is sekere kerkgroepe of gelowiges wat ander gelowiges daarvan beskuldig dat hulle “sag op sonde” is en dus nie Christene is nie. Daar is selfs van hierdie selfaangestelde profete wat met genoegdoening praat van “siele wat soos sneeuvlokkies hel toe gaan”.

Sonder om sonde gering te skat, weet ons as gelowiges in ons harte dat die keuses wat ons maak in die lewe nie ligtelik gemaak is nie; dat sonde bestaan en ʼn impak op ons lewens het; en dat ons inderdaad God se doel met ons lewe kan mis.  Ons sien ook dat niks Jesus kwater gemaak het as mense wat ander veroordeel het nie.

Jesus het nie net aarde toe gekom om mense van hulle sondes te verlos nie. Hy het ook gekom om God se hart aan die mens te openbaar en te verkondig dat God met met sy oneindige liefde steeds redding aan almal bring – ongeag hulle onvermoë om dit wat goed en reg is te doen.

Jesus het na die hel toe neergedaal om ons daaruit te hou.  Ons leef dus onder die wet van genade nie van geregtigheid nie. Om te beweer sekere kerke is “sag op sonde” bevestig eintlik die grootste waarheid van ons geloof: Dat God sondaars liefhet en enigiets sal doen om hulle te red.

Gebed:

Here U genade en U liefde vir mensekinders wat almal sonder uitsondering gesondig het, is te groot om te begryp. Hoe kan ons dit net vir onsself wil toeëien as U dit vir almal met U dood bevestig het. Amen

Previous article: Vers n dag - 27 Oktober Prev Next article: Vers n dag - 25 Oktober Next

Copyright © 2024 Vers-n-dag. All Rights Reserved.