Vers-n-dag Vers-n-dag
Vers-n-dag Vers-n-dag
  • tuisblad
  • dagstukkies
  • verse-a-day
  • intekening
    • english - verse-a-day

Vertroostende afskeid - 29 April 2016

Hennie Symington

Ek sal die Vader vra, en Hy sal vir julle ʼn ander voorspraak stuur om vir ewig by julle te wees, naamlik die Gees van die waarheid … Maar julle ken Hom, omdat Hy by julle bly en in julle sal wees. Johannes 14:16,17b

Jesus se lewe op aarde is vinnig besig om ten einde te loop. Gedurende sy tyd op aarde waar Hy die opdrag van die Vader uitgevoer het, moet Hy nou seker maak dat sy Vader se reddingsplan deurgevoer word.

In sy groeteboodskap gee Hy ʼn aanduiding aan sy volgelinge van wat hulle te wagte kan wees. In dié geval geld hierdie opdragte ook vir sy volgelinge in die eeue wat kom en steeds volgens sy voorskrifte leef.

Jesus berei hulle eerstens ook voor op die koms van die Heilige Gees of die Trooster terwyl Hy waarsku dat hulle ook vervolging en die dood te wagte moet wees. Soos enige ander leermeester wat afskeid neem van sy volgelinge, laat hy ook ʼn verskeidenheid instruksies na. In die geval is daar egter ʼn belangrike verskil en dit is dat die Een wat afskeid neem of vertrek steeds in hulle midde sal wees en by hulle sal bly tot aan die einde van die tyd. Wat ʼn wonderlike versekering dat Jesus ons nie aan ons eie lot oorlaat nie, maar die Trooster in sy plek stuur.

Gebed:Here, sonder U is ons uitgelewer aan ons eie aard in ʼn wêreld sonder hoop. Dankie dat U u Gees stuur om elkeen deur al die eeue heen ʼn kans op lewe te gee. Amen

Previous article: Waardevolle beloftes van God - 3 Mei 2016 Prev Next article: Moenie stres nie! - 28 April 2016 Next

Copyright © 2024 Vers-n-dag. All Rights Reserved.