Vers-n-dag Vers-n-dag
Vers-n-dag Vers-n-dag
  • tuisblad
  • dagstukkies
  • verse-a-day
  • intekening
    • english - verse-a-day

Padkaart vir die lewe – wysheid vir die lewenspad (19) - 27 Julie 2016

Gister het ons op 'n wonderlike reis deur die Bybel vertrek. Vandag reis ons verder om te sien hoe die Bybel ons kan help op die lewenspad.

Hoekom leef ons? Die Bybel wys ons hoekom.

Om God te dien                                              Jos 24:15

Om soos Jesus te wees                                 2 Kor 3:18

Om die wil van die Vader te doen                  Joh 4:34

Om die Koninkryk van God op te soek          Matt 6:33

Om God te verheerlik                                     Rom 15:5-6

Om die wedloop te voltooi                              Hand 20:24; 1 Kor 9:24

Die Bybel leer ons hoe om te lewe.

Blydskap                                 Fil 4:4

Dankbaarheid                         Ps 136

Gehoorsaamheid                    Hand 5:29; Jak 4:17

Integriteit                                 Jak 5:12

Oorwinning                              Rom 12:21

Uithouvermoë                         Jos 1:6-9; 2 Tim 4:7; Heb 12:1

Vreugde                                  Ps 16:11; 1 Tess 5:16

Vryheid                                    Gal 5:10-16

Waarheid                                Joh 8:32

Om te doen wat reg is            Jak 1:2-8

Die Bybel troos en gee krag in verskillende omstandighede..

Armoede                                 2 Kor 8:9

Bemoediging                           Jes 40:31; Ps 28:7

Depressie                                1 Kon 19:3-12

Dood                                       Joh 14:1-14

Moedeloosheid                       Neh 4:1-23; 6:15-16

Uitputting                                 Jes 40:29-31

Troos                                       1 Pet 5:7; Ps 146:8-9; 147:3

Mag God, die “Outeur” van hierdie Boek, jou inspireer om sy persoonlike boodskap vir jou te verstaan en te glo, terwyl jy hierdie stukkie raad van Paulus in gedagte hou:

Wees onvolwasse in die slegte dinge, maar in julle denke volwasse. 1 Korintiërs 14:20b

Gebed: Here Jesus dankie dat U ons leer dat ons in u Woord wysheid vir ons lewenspad kan ontdek. Amen

Indien hierdie stukkies die afgelope maand vir jou iets beteken het, kan jy die publikasie Padkaart vir die lewe: Wysheid vir die lewenspad gratis aflaai in epub- mobi of pdf-formaat by www.bybelgenootskap.co.za en klik op Bybelhulpmiddels.

Previous article: Wanneer misdaad en korrupsie jou onderkry… - 28 Julie 2016 Prev Next article: Padkaart vir die lewe – wysheid vir die lewenspad (18) - 26 Julie 2016 Next

Copyright © 2024 Vers-n-dag. All Rights Reserved.