Vers-n-dag Vers-n-dag
Vers-n-dag Vers-n-dag
  • tuisblad
  • dagstukkies
  • verse-a-day
  • intekening
    • english - verse-a-day

Die mooiste boom - 31 Augustus 2016

Xanthe Hancox

Hy is soos 'n boom wat by waterstrome geplant is, wat op die regte tyd vrugte dra en waarvan die blare nie verdroog nie. Hy is voorspoedig in alles wat hy aanpak.  Psalm 1:3

'n Vriendin het op 'n keer vir my 'n gedig gestuur deur Alfred Joyce Kilmer, 'n Amerikaanse digter, joernalisen litirêre kritikus. Dit is in 1913 geskryf en die naam daarvan is "Trees":

I think that I shall never see

A poem lovely as a tree.

A tree whose hungry mouth is pressed

Against the earth's sweet flowing breast;

A tree that looks at God all day,

And lifts her leafy arms to pray;

A tree that may in Summer wear

A nest of robins in her hair;

Upon whose bosom snow has lain;

Who intimately lives with rain.

Poems are made by people like me,

But only God can make a tree.

Alfred Joyce Kilmer 1886–1918

Hoe pragtig beskryf die reëls van hierdie gedig ons reis die afgelope maand deur die bome van die Bybel! Dink net aan die majestueuse seder of die hoë sipres met takke wat soos in 'n gebed na bo reik, aan die voëls wat nes maak in die wilgerboom langs die water en die bome wat afhanklik is van die reën.

Ons kan skepe en wolkekrabbers bou en slimfone ontwerp, maar ons kan nie 'n boom maak nie. Net God kan die sierlike granaatboom, die palmboom wat in die woestyn floreer of die reuse eikeboom maak.

My vriendin skryf verder dat hierdie gedig haar aan Psalm 1 herinner, presies waar ons ons reis deur die bome begin het. Die Psalmdigter sê dat dit goed gaan met die mens wat die woord van die Here oordink en dat "hy is soos 'n boom wat by waterstrome geplant is, wat op die regte tyd vrugte dra en waarvan die blare nie verdroog nie. Hy is voorspoedig in alles wat hy aanpak." Kom ons wees soos 'n boom wat geanker is in God, gesnoei word deur sy Woord en wat deur sy Gees water ontvang sodat ons kan voortgaan om goeie vrugte te dra.

Gebed: Hemelse Vader, dankie vir dieprag van u Skepping, veral vir die bome. Ek bid dat ek altyd in U geanker sal bly en vrugte tot eer van u koninkryk sal dra. Amen.

Previous article: Wie is hierdie man? - 1 September 2016 Prev Next article: (Nie) die Kornoelieboom – die kruis van Christus - 30 Augustus 2016 Next

Copyright © 2024 Vers-n-dag. All Rights Reserved.