Vers-n-dag Vers-n-dag
Vers-n-dag Vers-n-dag
  • tuisblad
  • dagstukkies
  • verse-a-day
  • intekening
    • english - verse-a-day

Seisoene kom en gaan - 1 Maart 2017

Hennie Symington

Elke ding het sy vaste tyd. Elke ding in hierdie wêreld het sy tyd.  Prediker 3:1

Het jy al ooit rêrig nagedink oor die betekenis van seisoene in die lewe? Ons lewens word jaar in en jaar uit gekenmerk deur verbygaande seisoene en afgebaken deur talle veranderings, verliese, winste, beginpunte en eindpunte in ons lewens. Soms raak die veranderings – veral in die tye waarin ons leef − net te veel om mee tred te hou.  Daar is egter ʼn boek in die Bybel wat ons daaraan herinner dat ons nie die eerste en die enigste geslag is wat oor die dinge wonder nie.

Die digter van die Prediker-boek was ʼn geleerde man wat diep oor die dinge nagedink het. En terwyl ons Prediker 3 lees, word ons herinner aan die wisselende seisoene in ons eie lewens − seisoene van verandering, verlies, groei en uiteindelik die ouderdom en afsterwe.

Dikwels dreig ons, soos die digter, om deur moedeloosheid en die sinloosheid van die lewe oorweldig te word. Tog, te midde van sy hopeloosheid, erken hy dat God alles wonderskoon en goed daargestel het.

Die digter maan ons om nie neerslagtig te raak wanneer die seisoene van die lewe oor ons spoel nie maar om erkenning te gee aan ons hemelse Vader wat die God van elke seisoen is.

Gebed: Here, ons is dankbaar vir elke seisoen in ons lewens – seisoene van groei, sowel as seisoene van hartseer en verlies, want in elke seisoen ontdek ons nuwe dieptes in ons geloof terwyl ons hemelwaarts groei. Amen

Previous article: Aanvaar dat sommige seisoene onvermydelik is - 2 Maart 2017 Prev Next article: DAG 20: EK IS ... REGVERDIG, MAAR OOK GENADIG - 28 Februarie 2017 Next

Copyright © 2024 Vers-n-dag. All Rights Reserved.