Vers-n-dag Vers-n-dag
Vers-n-dag Vers-n-dag
  • tuisblad
  • dagstukkies
  • verse-a-day
  • intekening
    • english - verse-a-day

Let op die seisoene - 13 Maart 2017

Hennie Symington

Sodra julle sien dat hulle (die vyeboom en al die ander bome) uitloop, weet julle vanself dat die somer naby is.  Lukas 21:29a-30

Soos wat die seisoene kom en gaan in ons lewens, wonder mens onwillekeurig wat God vir ons beplan het. Vir die meeste gelowiges bestaan die lewe daaruit om ons siele te deursoek, prioriteite te bepaal en keuses te maak rakende ons geloof en leefstyl.

Wanneer ons ouer raak, verander die seisoene egter. Dalk is dit ʼn geval van ʼn leë nes, soos wat jou kinders die huis verlaat om hulle eie nes te skrop. Terselfdertyd is dit ʼn seisoen van innerlike ondersoek waar jy jou lewe en prioriteite heroorweeg. Verlies aan gesondheid, krag en verstandelike vermoë, of die verlies aan ʼn lewensmaat of tydgenote, is ook seisoene waarmee ons rekening moet hou. In dié tyd raak ʼn mens ook bewus dat “ons tye in God se hand is.”

Ons kan egter so behep raak met die seisoene wat verby is, dat die hede met al sy moontlikhede by ons verbygaan. Herinner jouself daaraan dat elke seisoen geskenke het om te bied. Gryp dit aan met dankbaarheid.

Gebed: Here, ons is so behep met die verlede dat vandag met al sy mooi en vreugde by ons verbygaan. Leer ons om elke dag aan te gryp met vreugde en dankbaarheid. Amen

Previous article: Geen seisoen duur vir altyd nie! - 14 Maart 2017 Prev Next article: Wanneer ons visie te kort skiet - 10 Maart 2017 Next

Copyright © 2024 Vers-n-dag. All Rights Reserved.