Vers-n-dag Vers-n-dag
Vers-n-dag Vers-n-dag
  • tuisblad
  • dagstukkies
  • verse-a-day
  • intekening
    • english - verse-a-day

Dag 10: Geloof is - 14 Junie 2018

Deur Benescke Janse van Rensburg

Vandag gaan ek ’n kort stukkie skryf. Een teksvers. Lees dit. Oordink dit. En vra God om jou deur sy Heilige Gees te wys hoe dit van toepassing in jou lewe is.

  • Filippense 4:6-7: “Moet oor niks besorg wees nie, maar maak in alles julle begeertes deur gebed en smeking en met danksegging aan God bekend. En die vrede van God wat alle verstand te bowe gaan, sal oor julle harte en gedagtes die wag hou in Christus Jesus.”

Wat is jou behoefte – ’n groter huis, ’n baba, ’n nuwe werksgeleentheid, gesondheid, ’n lewensmaat, dat ’n geliefde tot redding moet kom? Kom ons stort ons harte voor God uit en dank Hom solank dat Hy besig is om te werk. Sterkte.

Vader God, baie dankie dat U almagtig en in beheer van my lewe is. Help my asseblief om nie besorg te raak nie, maar myself te herinner dat U altyd in beheer bly. Ek vra dit in die Naam van Jesus. Amen.

Terugvoer: Gee gerus terugvoer of deel jou getuienis van God se deurbrake in jou by This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.. Ek hoor graag van jou. Benescke

Previous article: Dag 11: Geloof... al kos dit alles - 15 Junie 2018 Prev Next article: Dag 9: Geloof is om God te soek – méér as sy beloftes - 13 Junie 2018 Next

Copyright © 2024 Vers-n-dag. All Rights Reserved.