Vers-n-dag Vers-n-dag
Vers-n-dag Vers-n-dag
  • tuisblad
  • dagstukkies
  • verse-a-day
  • intekening
    • english - verse-a-day

Vers n dag - 25 Julie 2011

Tema vir die maand: Ontdek God in die Psalms.

DAG 16: GOD IS DÁÁR

Deur Benescke Janse van Rensburg

Verlede Vrydagoggend het soos enige ander oggend in Oslo, Noorweë begin. Dit is egter toe ’n bom in die middestad van Oslo ontplof en ’n gewapende man twee ure later wild op ’n groep jongmense op die Utoya-eiland begin skiet, dat die dag in ’n nagmerrie verander het. Tot dusvêr het 93 mense in die twee aanvalle gesterf.

Die beelde van die beseerde, bebloede mense in die strate van Oslo en die paniekbevange tieners wat deur noodwerkers op die eiland behandel word, het my diep getref. Nie een van hierdie slagoffers en/of hulle families het Vrydagoggend geweet hoe hulle lewens daardie dag ingrypend sou verander nie.

Net só tref hindernisse of rampe ons ook soms wat ons lewens ingrypend verander. Jou siek kind sterf. Jy word by die werk afgedank. Jou kollega wat jy vertrou het, steek jou in die rug. Jou huweliksmaat dagvaar jou vir ’n egskeiding. Jou finansiële belegging stort in duie. Of ’n geliefde word in ’n gewapende rooftog beseer.

Hierdie hartseer en skok veroorsaak dat ons begin wonder of God van ons vergeet het. Luister egter weer na die woorde in Psalm 23:4: “Al gaan ek ook in ’n dal van doodskaduwee, ek sal geen onheil vrees nie; want U is met my: u stok en u staf dié vertroos my.” (1953-vertaling)

God is in elke krisis by ons. Hy wil ons vertroos, genees en deurdra. Kom ons kies dus om in elke moeilike seisoen nader aan Hom te groei – eerder as om ons van Hom en die wêreld te isoleer. En kom ons tree só op teenoor ons geliefdes dat as dit vandag ons laaste dag saam is, ons nooit oor enigiets spyt hoef te wees nie. Sterkte.

Vader God, baie dankie dat ek elke uitdaging in my lewe voor U kan kom neerlê. Help my om daagliks nader aan U te groei terwyl ek op u antwoorde wag. Ek bid dit in die Naam van Jesus Christus. Amen.

**Benescke Janse van Rensburg is ’n radio-omroeper en vryskutskrywer vir verskeie tydskrifte.

NUUSBROKKIES:

  • ENGELSE WEERGAWE: Vers-’n-dag is also available in English. Please contact us at This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. if you want to change your subscription.

  • PRAATJIE:

  • Benescke tree op as spreker by:

  • Saterdag, 30 Julie 2011: Sprankel-Vrouekonferensie by die La Rochelle Kerk in Bellville. Kontakpersoon: Hanneli 021 919 6468 of This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it..

  • Dinsdag, 9 Augustus 2011: By die Logos Kerksaal in Bellville. Kontakpersoon: Mari van Eeden by This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it..

 TERUGVOER: Stuur gerus terugvoer, opmerkings en voorstelle oor die dagstukkies of Bybelvrae wat jy het na: This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it..

 HET JY ’N GETUIENIS? Stuur vir ons jou getuienis van waar God vir jou deurgekom het na This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.. Dit kan oor enigiets wees. Ons deel dit van tyd tot tyd met die lesers. Dankie. Benescke

As jy belangstel om jou produk of diens op die Vers-’n-dag-dagstukkie te adverteer, kontak gerus This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.. Sonder die nodige ondersteuning sal hierdie diens nie moontlik wees nie.

Previous article: Vers n dag - 26 Julie 2011 Prev Next article: Vers n dag - 22 Julie 2011 Next

Copyright © 2024 Vers-n-dag. All Rights Reserved.