Xanthe Hancox

Alles wat vooraf in die Skrif opgeteken is, is tog opgeteken om ons te leer sodat ons deur die standvastigheid en bemoediging wat die Skrif ons gee, vol hoop kan wees. En mag God, die bron van alle standvastigheid en bemoediging, gee dat julle eensgesind onder mekaar sal wees soos Christus Jesus dit wil hê. Dan kan julle almal eensgesind uit een mond lof toebring aan God, die Vader van ons Here Jesus Christus.  Romeine 15:4-6

In Romeine 14 en 15 skryf Paulus oor hoe diegene wat sterk is die s wakkes moet liefhê. Hy onderbreek egter hierdie gedagtegang om kommentaar te lewer oor die rol van die Skrif in die Christelike lewe. (Romeine 15:4). Wat maak die Skrif so belangrik?

In Romeine 15 skryf hy dat alles in die Skrif – en hiermee bedoel hy dit wat ons vandag as die Ou Testament ken – is geskryf om hoop te gee en te onderhou. Regdeur die Ou Testament sien ons God se getrouheid ten spyte van ons sonde. Ons hoor van profete, konings, psalmdigters en gewone mense wat tye van lyding en wanhoop beleef het. Ons hoor van die Israeliete wat na die wildernis verban word, sonder enige duidelike toekoms. Maar ons hoor ook dat oor tyd God hulle terugbring om Hom beter te dien as voorheen. God se koninkryk krimp nie weg nie – dit mag miskien vir 'n tydperk ondergronds gaan, maar dit verskyn altyd weer, magtiger as voorheen.

Met die bemoediging van die Bybel (Ou en Nuwe Testament) in ons hande, het ons hoop. Christus het gekom en ons sonde en smart na die kruis en die graf geneem. Hy het dit daar gelos en uit die dood opgestaan sodat ons nou onwrikbare hoop het.

Paulus se eie gebruik van die Skrif wys ons wat ons met ons Bybels behoort te doen. Lees dit, oordink dit, memoriseer dit en put hoop, blydskap, volharding en liefde daaruit.

Ons sluit ons maand van hoop af met 'n aanhaling uit die Bybelgenootskap se dankgebed. Jy kan die volledige gebed en ander hulpmiddels hier aflaai.

Gebed: Almagtige en ewige God, ons dank U vir 200 jaar van Bybelgenootskapwerk in Suid-Afrika. Ons dank U dat U deur u genade vir ons voorsien het. Gee dat u Woord 'n lamp vir ons voet en 'n lig vir ons lewenspad sal wees, en 'n baken van hoop vir almal.  Amen

https://www.bybelgenootskap.co.za/index.php/af/hulpmiddels/year-of-the-bible-2020