Vers-n-dag Vers-n-dag
Vers-n-dag Vers-n-dag
  • tuisblad
  • dagstukkies
  • verse-a-day
  • intekening
    • english - verse-a-day

Begin nuut ... en soek op die regte plek hulp - 23 Januarie 2023

Benescke Janse van Rensburg 

Sewe miljoen oproepe na die noodnommer, 10111 is oor die afgelope drie jaar nié beantwoord nie. Dié skokkende statistiek is onlangs deur die regering bekendgestel. Dit word toegeskryf aan die bykans 6 000 vakante poste wat gevul moet word.
 
Dit is kommerwekkend as ’n mens nie ’n noodnommer het wat jy in ’n noodsituasie kan skakel nie. Tog het ons goeie nuus. Ons God sluimer en slaap nooit nie. In Psalm 50:15 sê Hy: “Roep My aan in die dag van benoudheid: Ek sal jou uithelp en jy sal My eer.” Ook in Jeremia 33:3 lees ons: “Roep My aan, Ek sal jou antwoord en jou vertel van groot en onverstaanbare dinge waarvan jy nie weet nie.” En in Klaagliedere 3:55,57 lees ons: “Ek het na U geroep, Here, uit die dieptes uit. ... U het na my toe gekom toe ek geroep het, U het gesê: ‘Moenie bang wees nie!’” (Tekste: 1983-vertaling)
 
God is altyd beskikbaar om na ons te luister. Kom ons onthou dit. Sterkte.
 
Gebed: Vader God, baie dankie dat U nooit sluimer of slaap nie en dat ek in my nood na U kan kom. Help my vandag met (noem die situasie). Ek vra dit in die Naam van Jesus Christus. Amen. 
 
Terugvoer: As jy enige vrae het of jy graag ’n getuienis wil deel van wat God in jou lewe gedoen het, stuur ’n epos na This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.
 
Previous article: Los die verlede – om vryheid te ervaar - 24 Januarie 2023 Prev Next article: Begin nuut ... deur anders na onsself te kyk - 20 Januarie 2023 Next

Copyright © 2024 Vers-n-dag. All Rights Reserved.