Vers-n-dag Vers-n-dag
Vers-n-dag Vers-n-dag
  • tuisblad
  • dagstukkies
  • verse-a-day
  • intekening
    • english - verse-a-day

Dra mekaar se laste - 3 Februarie 2023

Benescke Janse van Rensburg 

By ’n gimnastiekkompetisie in China moet jong kinders met ’n aanloop vastrap en oor ’n hindernis spring. By een van die kompetisies kon ’n klein seuntjie na twee probeerslae steeds nie oor die hindernis kom nie. In ’n video op sosiale media (sien skakel onder) kan ’n mens sien hoe hy trane afvee terwyl hy terugstap na die punt waar hy moet begin hardloop.
 
Dan, net voordat die seuntjie weer begin hardloop, staan sy spanmaats wat langs die baan sit op en hardloop na hom. Hulle vorm ’n kringetjie rondom hom, skree iets wat lyk soos ’n kreet en gaan sit dan weer. Hierna hardloop die seun en spring suksesvol oor die hindernis.
 
Daar is waarde om mekaar te ondersteun. In Galasiërs 6:2 lees ons: “Dra mekaar se laste en vervul so die wet van Christus.” (2020-vertaling) Ook in Matteus 25:40 lees ons: “Voorwaar Ek sê vir julle, vir sover julle dit gedoen het aan een van die geringstes van hierdie broeders van My, het julle dit aan My gedoen.” (1933/1953-vertaling)
 
Ons beleef God tasbaar wanneer mense ons in ons moeilike seisoene ondersteun. Net so het ons as gelowiges ’n geleentheid om Jesus Christus se hande en voete op aarde te wees wanneer ons sy goedheid en grootheid aan die geringstes onder ons demonstreer. Sterkte.
 
Gebed: Vader God, baie dankie dat U u liefde aan my demonstreer deur die mense rondom my. Help my vandag om mense raak te sien wat my ondersteuning benodig. Ek vra dit in die Naam van Jesus Christus. Amen. 
 
Sien video: Facebook: https://www.facebook.com/storiesvanhoop/
Instagram: https://www.instagram.com/storiesvanhoop/?hl=en
Webwerf: www.benescke.co.za
 
Terugvoer: As jy enige vrae het of 'n getuienis wil deel van wat God in jou lewe gedoen het, stuur 'n e-pos na This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it..
 
Previous article: Hy versterk ons - 6 Februarie 2023 Prev Next article: Hoor jy sy stem? - 2 Februarie 2023 Next

Copyright © 2024 Vers-n-dag. All Rights Reserved.