Vers-n-dag Vers-n-dag
Vers-n-dag Vers-n-dag
  • tuisblad
  • dagstukkies
  • verse-a-day
  • intekening
    • english - verse-a-day

Fases en seisoene: Soms is dit somer - 24 Oktober 2025

Charlea Grey
 
En wanneer julle eet en genoeg het, dan moet julle vir julle God die Here prys en vir Hom dankie sê vir die goeie land wat Hy vir julle gegee het. Deuternomium 8:10, Bybel vir almal
 
Die lewe bestaan darem nie net uit beproewings nie. Dinge is nie altyd swaar nie. ’n Mens is nie altyd in ’n wagtydperk wat jou geduld en geloof toets nie. Soms gaan dit werklikwaar baie goed.
 
Soms is daai nuwe begin in jou lewe beter as wat jy jou ooit kon indink. Soms lig die donker veel vinniger as wat jy verwag het en kan jy in sonlig baai.
 
Soms is dit somer.
 
Moses het destyds vir die Israeliete herinner dat hulle nie van God moet vergeet wanneer dit goed gaan nie. Hoe waar is dit nie ook in vandag se tyd nie!
 
Wanneer dinge moeilik gaan is dit maklik om pal by God aan te klop vir hulp, raad, leiding en beskerming. Maar as dinge goed gaan? Mooi en lig is?
 
Dis in dié tye wat ons ook God se teenwoordigheid moet onthou. Ons moet Hom loof en prys en dankie sê vir alles wanneer dit goed gaan. Ons kan dankie sê as daar vir ’n slag minder is om ons oor te bekommer, wanneer ons gesond is, wanneer ons veilig is, wanneer ons ons werk kan geniet, of wat ook al die lewe vir jou goed en lekker maak.
 
Gebed: Vader, baie dankie vir die tye wat goed gaan. Dankie dat u hand ook daarin is. Help my om nie van U te vergeet nie en dankbaar te bly. Amen.
 
 
Previous article: Dis nooit te laat nie: Om te vergewe - 27 Oktober 2025 Prev Next article: Fases en seisoene: Soms is dit tyd vir 'n nuwe begin - 23 Oktober 2025 Next

Copyright © 2024 Vers-n-dag. All Rights Reserved.