Staan op die skouers van gelowiges wat volhard het - 29 Mei 2026
Imogen Campbell
Probeer ek nou mense tevrede stel, of God? Of soek ek die guns van mense? As ek nog steeds mense se guns sou probeer wen, sou ek nie meer 'n dienskneg van Christus wees nie! Galasiërs 1:10, 2020-vertaling
Toe ek vir die eerste keer Jesus aangeneem het, was ek 'n nominale Christen, alhoewel een wat gereeld kerk toe gegaan het. Ek het van Jesus geweet, maar ek het Hom nie as my persoonlike Here en Verlosser geken nie. Daar is 'n ewige verskil.
Die lig het eers aangegaan toe ek die Bybel bestudeer het, en soos vir die Emmausgangers al daardie jare gelede, was my hart ook brandend met oortuiging.
Tog vind ek vandag nog dat ek probeer om die guns van mense te wen. Die probleem is dat ek bang is dat mense my vertroue in God sal verbreek. Dit is 'n daaglikse stryd om my vrese te bestry en my aan God oor te gee. Die antwoord is dat ek Hom moet verhoog na die plek in my lewe waar Hy hoort. Luister gerus na die lied "High and lifted up". (https://www.youtube.com/watch?v=Mly0weNe-tg)
Daardie ywer en kinderlike vertroue wat ek as 'n jong Christen in God gehad het, het met tyd 'n bietjie vervaag en my minder seker gelaat. Die lewe met sy harde terugslae en lokvalle deur die duiwel het my 'n bietjie vuisvoos gelaat.
Gelukkig is dit nie die einde nie. Ek kan my Bybel oopmaak en van gelowiges lees wat in hulle swakheid tot God gebid en Hom gevra het om hulle van hulle probleme te verlos. So byvoorbeeld was daar die groot aantal gelowiges wat vir die apostel Petrus gebid het en wat tot sy bevryding uit die tronk gelei het. (Handelinge 12:6-19)
Die plek waar die vroeë kerk in Jerusalem byeengekom het om te bid, het op 'n keer geskud. (Handelinge 4:23-31) God beantwoord getrou die opregte gebede van gelowiges.
Daniël het gebid en God gevra om hom uit die leeukuil te red. En 'n ander keer toe hy gebid het, het 'n engel verskyn en gesê dat Hy in antwoord op Daniël se gebed gekom het.
Soos die manne en vroue van ouds kragtige geloofsverhale gehad het om op terug te val, kan jong bekeerlinge ook getuig dat Jesus vandag steeds werk. Kom ons volhard sodat ons geloof bo vrees kan hê en kan sien wat God sal doen.
Intussen, soos reg van die begin, is ek steeds die een wat gebed benodig. Luister gerus na die lied "It's me o Lord, standing in the need of prayer".
Gebed: Vader, dankie vir die gelowige manne en vroue van ouds wat hulle lewens aan U gewy het en deur hulle gebede die wêreld verander het. Help ons om hulle getuienis te onthou wanneer ons swak is in ons geloof. Amen