Vers-n-dag Vers-n-dag
Vers-n-dag Vers-n-dag
  • tuisblad
  • dagstukkies
  • verse-a-day
  • intekening
    • english - verse-a-day

Josef, aardse vaderfiguur vir Jesus - 7 Oktober 2026

Imogen Campbell
 
Toe sy ouers Hom sien, was hulle verslae, en sy moeder sê vir Hom: “Kind, waarom het jy so met ons gemaak? Kyk, jou vader en ek het met angs na jou gesoek.” Maar Hy antwoord hulle: “Waarom het u na My gesoek? Het u nie geweet dat Ek in die huis van my Vader moet wees nie?” Hulle het nie begryp wat Hy daarmee bedoel het nie.   Lukas 2:48-50, 1983-vertaling
 
In die 2000s het die wêreld begin om bewus te word van die impak van klimaatsverandering, veral deur die Oscar-bekroonde dokumentêre film met die voormalige Amerikaanse visepresident, Al Gore, getiteld "An inconvenient Truth".
 
Dink aan die enigste man in die geskiedenis van wie redelikerwys verwag is om so 'n buitengewoon ongemaklike waarheid te aanvaar – dat sy vrou 'n kind van die Heilige Gees verwag. Hy het iets meer gewoon vermoed en daarom besluit om stil-stil van haar te skei: vasbeslote, maar tog liefdevol.
 
Vandag se teksgedeelte by die tempel is die enigste weergawe in die Evangelies van Jesus toe Hy 12 jaar oud was. Weer eens is Josef aan die ontvangkant van 'n ietwat ongemaklike waarheid.
 
Ek wonder of hy seergemaak was deur sy "seun", Jesus, se taamlik onverskillige woorde, glad nie jammer oor die ongerief wat hy veroorsaak het nie. Hulle het vier dae van hulle terugreis verloor omdat hulle moes omdraai om hom te vind. Die lewe, en ook reis, was in daardie dae nie maklik of goedkoop nie.
 
Sedert die verskyning van daardie eerste engel, is Josef se lewe meer as een keer deur boodskappe van engele op sy kop gedraai. Na die aanvanklike skok, het hy engele gesien, drome gedroom, wyse manne ontmoet en profetiese voorspellings gehoor. Hy het selfs in reaksie op 'n droom 'n onbeplande reis na Egipte onderneem.
 
Volgens alle verslae het hy baie vir sy gesin opgeoffer en sy God onmiddellik gehoorsaam. Dit is duidelik dat Josef 'n man met integriteit was, wat onder omstandighede gedoen het wat hy kon vir die gesin waar God gekies het om sy enigste Seun te plaas.
 
Die lewenspas in die afgeleë dorpie, Nasaret, was stadig. Tog het Josef blitsvinnige besluite uit gehoorsaamheid geneem en onmiddellik tot aksie oorgegaan wat dikwels tot ontwrigting, ongemak en ongerief gelei het.
 
Soms, in die wonder van die geboorte van Jesus, vergeet ek wat 'n soort man God vir Maria gekies het. Is dit ook die geval met jou? Hy was beslis van sterker stoffasie gemaak as die meeste. Mag ons nie sy rol in hierdie verhaal na die stowwerige argiewe van die geskiedenis verplaas nie. Wat 'n man was hy nie!
 
Is daar 'n ongemaklike waarheid in jou lewe wat God tot sy eer kan gebruik?
 
Gebed: Here, ek vergeet soms dat U ook vir Josef vir daardie presiese oomblik gekies het. Hy was presies die regte man vir Maria – in die huwelik het hulle saam u opdragte in gehoorsaamheid aan U uitgevoer. Gee dat hulle lewens vir ons 'n voorbeeld sal wees wanneer ons uitgedaag word om aan U gehoorsaam te wees. Amen.
 
Next article: Maria, die moeder van Jesus - 6 Oktober 2026 Next

Copyright © 2024 Vers-n-dag. All Rights Reserved.