Vers-n-dag Vers-n-dag
Vers-n-dag Vers-n-dag
  • tuisblad
  • dagstukkies
  • verse-a-day
  • intekening
    • english - verse-a-day

Eli, Eli, lemá sabagtani? - 29 Oktober 2026

Imogen Campbell
 
Teen drie-uur het Jesus hard uitgeroep: “Eli, Eli, lemá sabagtani?” Dit is: My God, my God, waarom het U My verlaat? Matteus 27:46, 1983-vertaling
 
Dit is die vierde kruiswoord wat Jesus van die kruis af uitgeroep het. Sommige van diegene wat daardie dag daar was, het gedink Jesus roep na Elia, 'n belangrike figuur in Israel se geskiedenis.
 
Ek het al verskeie preke gehoor dat sonde God die Vader en God die Seun van mekaar geskei het. Sonde is die enigste ding wat ooit kon toelaat dat God van Jesus wegdraai. Maar na Jesus se lewe van volmaakte gehoorsaamheid, was die idee dat God Hom in sy donkerste uur kon verlaat, moeilik vir my om te verstaan. Dit het net nie sin gemaak nie.
 
Die punt is God sien dag in en dag uit sonde, al die gruweldade wat die mensdom pleeg. Hoekom sou Hy sy geliefde Seun in die verskriklikste pynlike oomblik van sy lewe op aarde verlaat het? Nog meer verwarrend is die feit dat Hulle EEN is.
 
Ek het myself afgevra of sonde die eenheid van die Godheid kon vernietig, selfs al was dit net vir drie dae? En as dit die geval is, kan God ook van ons en ons sonde wegdraai terwyl ons nog leef? Jesus het ons sonde gedra, maar Hy het hierdie woorde oor God wat Hom verlaat het uitgeroep nog voordat Hy gesterf het.
 
Die Bybel leer ons dat God weet presies wat in die doderyk en in die hiernamaals gebeur. En die duiwel, wat baie betrokke is by sonde, verskyn op verskeie plekke in die Skrif as die aanklaer in God se troonkamer. Dit het my nog altyd verstom.
 
Toe ontdek ek dat Jesus in Aramees uit die Skrif aangehaal het – Psalm 22:2 om presies te wees. Verskeie verse in die Psalm beskryf sy omstandighede op die dag van die kruisiging. In die einde het die "Woord van God" (Openbaring 19:13, na wie ook in 1 Johannes 1:1 verwys word), die Woord van God vir ons uitgeroep.
 
Hy kan meegevoel met ons hê wanneer ons verlate voel. Jesus het vroeër daardie dag aan die kruis reeds die Vader gevra om ons mense te vergewe. (Lukas 23:34) Hy het toe gesê: “Dit is volbring!” (Johannes 19:30) en daarna “Vader, in u hande gee Ek my gees oor.” (Lukas 23:46)
 
Wat ook al in die geestelike wêreld gebeur het – verlate of nie – ons verlossing as sondaars was definitief volmaak afgehandel. Ek is so dankbaar vir wat Jesus daardie dag aan die kruis gedoen het. En jy?
 
Gebed: Vader, vergewe asseblief my sondes wat my van U skei. Jesus is die Een wat gesterf het om dit vir ons moontlik te maak om direk tot U in gebed te nader. Ons loof U, Here Jesus. Amen
Next article: Vervolging: 'n katalisator vir kerkgroei - 28 Oktober 2026 Next

Copyright © 2024 Vers-n-dag. All Rights Reserved.