Neville Turley

Daar het toe oorlog gekom in die hemel: Migael en sy engele moes oorlog voer teen die draak. Die draak en sy engele het oorlog gevoer, maar hulle is verslaan. In die hemel was daar geen spoor meer van hulle te vind nie, want die groot draak, die slang van ouds, wat die duiwel en die Satan genoem word en wat die hele wêreld verlei, is uit die hemel uit gegooi. Hy is op die aarde gegooi en sy engele saam met hom. Toe het ek 'n stem in die hemel gehoor wat hard uitgeroep het: “Nou het ons God die redding gebring, nou is sy mag en koningskap hier, en die gesag van sy Gesalfde! Die aanklaer van ons medegelowiges is uit die hemel uit gegooi, hy wat hulle dag en nag voor ons God aangekla het. Hulle het self die oorwinning oor hom behaal danksy die bloed van die Lam en die boodskap waarvan hulle getuig het; en hulle het nie hulle lewens so lief gehad dat hulle onwillig was om vir Hom te sterwe nie. Daarom, hemel en dié wat daarin bly, verheug julle. Maar vir julle, land en see, wag daar ellende omdat die duiwel na julle toe gekom het met groot woede en met die wete dat hy min tyd het.”  Openbaring 12:7-12

Daar woed 'n oorlog rondom ons en ons moet ons vyand ken. Almal weet van Satan, maar hoeveel weet ons regtig van hom? Sommige mense ontken sy bestaan, ander beeld hom uit as 'n karikatuur met horings en 'n stert.

In die Bybel word Satan nie ligtelik opgeneem nie en sy bestaan ook nie ontken nie. Satan is nie net pure verbeelding nie. Hy word beskryf as die vors van die onsigbare magte, die gees wat nou aan die werk is in die mense wat aan God ongehoorsaam is.

Indien jy onseker is oor wie so wild en woes met sy bose engele in hierdie wêreld aan die gang is, kyk maar net om jou. Goddelose aktiwiteite vind oral in ons samelewing plaas.

Jesus het aan ons 'n diepe insig in die persoonlikheid van Satan gegee. "Hy was van die begin af 'n moordenaar. En hy staan nie aan die kant van die waarheid nie, omdat daar geen waarheid in hom is nie. Wanneer hy leuentaal praat, is dit volgens sy aard, want hy is 'n leuenaar en die vader van die leuen." (Johannes 8:44)

As die krag en heerskappy van Satan oor gelowiges nie aan die kruis verbreek is nie, sou ons sduisternis weggeruk en ons onder die heerskappy gestel van sy Seun wat Hy liefhet. (Kolossense 1:13)

Die Bybel verseker ons dat ons as kinders van God die duiwel kan weerstaan en dat as ons dit doen, hy van ons af sal wegvlug.

Gebed: Hemelse Vader, dankie dat U deur u geliefde Seun ons van die Bose verlos het.  Amen