Deur Benescke Janse van Rensburg

Toe Moses met die twee plat klippe in die hand teen die Sinaiberg afgestap kom, het sy gesig geblink. Die Israeliete kon onmiddellik sien iets is anders. Moses was anders. Hy het tyd in God se teenwoordigheid spandeer. God het met hom gepraat. Dít het hom verander.

Tog, hoe lyk hierdie GLANSRYKE God wat Moses op die berg ontmoet het?  In Jesaja 6 vertel die profeet Jesaja van ’n visioen wat hy van God gehad het: “God het op ’n baie hoë troon gesit, en die onderste van sy kleed het die tempel gevul. By Hom was daar serafs (engele) om Hom te dien. Elkeen het ses vlerke gehad: met twee het hy sy gesig bedek, met twee sy voete en met twee het hy gevlieg. Die serafs het mekaar telkens toegeroep: ‘Heilig, heilig, heilig is die Here die Almagtige! Die hele aarde is vol van sy magtige teenwoordigheid.’ Hulle het so hard geroep dat die deure in hulle kosyne gerammel het en die tempel vol rook geword het.”

Totaal oorweldig, het Jesaja uitgeroep: “Dit is klaar met my! Ek is verlore! Elke woord oor my lippe is onrein . . . nou het ek die Koning gesien, die Here die Almagtige.” Een van die serafs het ’n gloeiende kool teen Jesaja se mond gedruk en gesê: “Noudat die gloeiende kool jou lippe aangeraak het, is jou oortredinge vergewe.” Jesaja het God hoor vra: “Wie kan Ek stuur? Wie sal ons boodskapper wees?” Sonder enige twyfel, het Jesaja dadelik geantwoord: “Hier is ek! Stuur my!” (Jesaja 6:8)

God is GLANSRYK en heilig. In sy GLANSRYKE teenwoordigheid, raak ons bewus van dinge in ons lewens wat nog nie heilig is nie. Dit skep ’n behoefte by ons om te wil verander.

Ek wonder, kan mense om jou “sien” dat jy onlangs in God se teenwoordigheid was?

Vader God, baie dankie dat ons as gewone mense in U teenwoordigheid mag kom. Stuur my vandag waarheen U my nodig het - en help my om beskikbaar te bly. Ek vra dit in die Naam van Jesus Christus. Amen.

  • Lesers se karaktereienskappe van God rondom die letter “G”:
  • LETTER H: Aan watter eienskappe van God dink jy onder die “H”? Jy kan ’n epos stuur na This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. om klik hier en gesels saam: