Vers-n-dag Vers-n-dag
Vers-n-dag Vers-n-dag
  • tuisblad
  • dagstukkies
  • verse-a-day
  • intekening
    • english - verse-a-day

Twee soorte geloof - 11 October 2013

Nina Smit

Jesus sê toe vir hulle: “Julle moet geloof in God hê! Dit verseker Ek julle: Elkeen wat vir hierdie berg sê: ‘Lig jou op en val in die see,’ en daarby nie in sy hart twyfel nie, maar glo dat wat hy sê, gebeur, vir hom sal dit gebeur.”

~ Markus 11:22-23

Jesus het sy dissipels dikwels aangespreek omdat hulle geloof in God nie sterk genoeg was nie. Geloof in God het wonders tot gevolg, vertel Hy hulle. Dit maak dat berge in die see kan val, máár dan moet daardie geloof sónder twyfel wees. Christene sukkel dikwels met hulle geloof. Dit is maklik om te glo as alles goed gaan, maar in krisisse twyfel selfs die opregste Christene soms, ontdek hulle dat hulle geloof wat húlle gemeen het rotsvas is, ook kan wankel.

Daar is twee soorte geloof: natuurlike geloof en geloof in God. Natuurlike geloof is vanselfsprekend: ons weet almal dat ons hand sal brand as ons dit bokant ’n oop vlam hou en dat water altyd afwaarts loop. Natuurlike geloof het met feite te doen wat ons gereeld bevestig sien. Geloof in God, daarenteen, is geloof in dié dinge wat ons nie kan sien nie. Tydens ’n kursus wat dr Arnold Mol in ons gemeente aangebied het, sê hy: “Geloof is oortuiging wat ons gedrag bepaal.” Al kan jy nie jou geloof in God met sigbare bewyse staaf nie, is dit innerlike oortuiging wat van God self kom, geloof wat jou lewe verander. Dit is dié geloof waarvan Jesus praat en wat jy behoort te hê.

Here Jesus, ek bid dat U vir my geloof in God sal gee, ook al is daar nie sigbare bewyse vir my geloof nie. Amen

Previous article: Geloof moet geleef word - 14 Oktober 2013 Prev Next article: Alles is moontlik as jy glo - 10 Oktober 2013 Next

Copyright © 2024 Vers-n-dag. All Rights Reserved.