Vers-n-dag Vers-n-dag
Vers-n-dag Vers-n-dag
  • tuisblad
  • dagstukkies
  • verse-a-day
  • intekening
    • english - verse-a-day

Jy het ’n roeping om te getuig - 2 Oktober 2013

Nina Smit

Julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judea en in Samaria en tot in die uithoeke van die wêreld.

~ Handelinge 1:8

Die beroemde kolwer CT Studd het besluit om sy krieketkolf vir ’n Bybel te verruil. Hy het sendingwerk gedoen. Sy slagspreuk was:

Some folk prefer a quiet place, within the sound of church and chapel bell. I want to run a rescue shop within a yard of hell.

Christene is God se verteenwoordigers, sy getuies, sodat sy blye boodskap die hele wêreld sal bereik en elke mens ’n keuse vir Jesus kan maak. Tans sê 33% van die wêreldbevolking dat hulle Christene is. Die ander 67% het óf nog nooit van God gehoor óf nog nooit ’n keuse vir Hom gemaak nie.

Indien jy met God in pas wil leef, is dit jou dure verantwoordelikheid om ’n getuie van God se liefde te wees, om te sorg dat die evangelieboodskap oor die hele wêreld versprei sal word. Al kan jy nie self sendingveld toe gaan nie, kan jy steeds hierdie roeping uitdra deur te bid, belang te stel en fondse beskikbaar te stel vir die uitdra van die evangelie.

Here Jesus, maak my gewillig om u boodskap uit te dra deur óf persoonlik te gaan, te bid of geld te gee sodat mense oor die wêreld van U sal kan hoor. Amen

Previous article: Leef in die Gees - 3 Oktober 2013 Prev Next article: God ken jou - 1 Oktober 2013 Next

Copyright © 2024 Vers-n-dag. All Rights Reserved.