Vers-n-dag Vers-n-dag
Vers-n-dag Vers-n-dag
  • tuisblad
  • dagstukkies
  • verse-a-day
  • intekening
    • english - verse-a-day

Jou dae is getel! - 29 April 2014

Hennie Symington

 

Ons lewe maar sewentig jaar,

Of, as ons baie sterk is, tagtig,

En die is vol swaarkry en leed.

Dit is gou verby,

ons vlieg na ons einde toe….

Leer ons ons dae so gebruik

dat ons wysheid kan bekom. ….

Laat ons die goedheid   

    van die Here ons God belewe:

hou die werk van ons hande in stand,

ja, die werk van ons hande,

    hou dit in stand. Psalm 90 10-12; 17 (Afrikaans 1933/53-vertaling)

ʼn Hele paar maal word daar in die Bybel na die kortstondigheid van die mens se lewe verwys. Dis soos die gras van die veld. Dit hou kwalik ʼn dag en dan waai die wind daaroor en dit is klaar met jou.

God gun jou egter die geleentheid om in hierdie kort tydjie geskiedenis te maak met hoe jy lewe. Jy kan waarde aan die lewe op aarde toevoeg. Jy kan ʼn verskil maak. Die vraag is net: wanneer begin jy leef met passie? Dalk is dit eers wanneer ons waarlik weet en verstaan dat ons ʼn beperkte tyd op aarde het, en dat daar geen manier is vir ons om te weet hoeveel dae oor is nie, dat ons sal begin leef asof elke dag die laaste dag is wat ons oor het.

Christus het so geleef. Omdat Hy geweet het sy dae op aarde is getel – net so oor die 12 000 dae is aan hom gegun – het Hy die tyd uitgekoop. Hy het geweet waarom Hy gebore is. Dit het al in die sterre by sy geboorte geskryf gestaan. Sy Vader het al eeue gelede geweet wat sy taak op aarde sou wees. Sy hele lewe was gerig op sy roeping.

Wat van jou? Weet jy wat jou roeping is en hoe passievol is jy daarop ingestel om dit te vervul? (Let wel: daar is geen ouderdomsperk op die vervulling van jou roeping nie.)

Gebed: Here, ek bely my lewe maak skaars ʼn rimpel op die oppervlak. Inspireer my met u liefde om iets van u passie vir die mens en die skepping uit te leef. Amen

Previous article: Jou lewe is ʼn lewende testament - 30 April 2014 Prev Next article: Jesus het gekom om dinge om te keer - 25 April 2014 Next

Copyright © 2024 Vers-n-dag. All Rights Reserved.