Vers-n-dag Vers-n-dag
Vers-n-dag Vers-n-dag
  • tuisblad
  • dagstukkies
  • verse-a-day
  • intekening
    • english - verse-a-day

Jou huis....'n tuiste wanneer daar liefde is - 5 Junie 2014

Carina Francke

Teksvers: Hosea 11:1, 3,4, 8: "Toe Israel 'n kind was, het Ek hom liefgehad, en uit Egipte het Ek my seun geroep.  En Ek self het Efraim leer loop, Ek het hulle op my arms gedra, maar hulle wou nie erken dat dit Ek is wat vir hulle sorg nie. Ek het hulle met sorg en liefde gelei, Ek was vir hulle soos iemand wat die juk oplig as dit die trekdier skaaf. Ek het na Efraim toe afgebuk en hom gereeld kos gegee, want Ek wou nie hê dat hy weer na Egipte toe teruggaan of dat  Assirië oor hom moet heers nie.

TS Elliot het gesê dat die gesin die plek is waar kinders se lewenspad vorentoe begin. Dáár word die rigting en die aard van die pad bepaal. Hierin speel pa en ma die hoofrol  - rolle met groot uitdagings, maar nie onuitvoerbaar nie.  Ons het immers 'n voorbeeld - God self! 

In Sy  beskrywing van Homself as Pa in ons teksgedeelte, kry ons die beeld van Iemand wat nooit ophou om lief te hê en te sorg nie, al is daar geen teken van dankbaarheid of erkenning van Sy kinders se kant nie.  Hierdie versorgende hart van God in aardse ouers, loop oor na hulle kinders.

In menslike terme is die hedendaagse pa wat bogenoemde voorbeeld navolg, iemand wat die liefde en sorg van 'n godvresende pa demonstreer. Hy is 'n pa wat, as sy kind op hierdie pad swaarkry, struikel, of selfs neerslaan, by hom gaan stilstaan, hom ophelp en selfs dra as dit nodig is. As verkeerde keuses of probleme  diep skaafmerke los, lig pa net die las - die kind moet self besluit om dit af te gooi. En dan is pa se man-verstaan en omgee steeds byderhand om die skaafplekke te versorg en gesond te maak.

En sou die kind na al hierdie dade van omgee steeds die hand wat help wegklap, gooi die pa 'n lustou (van gebed) om die kind en trek hom nader.   Hosea beskryf hierdie tou as 'n menseband, 'n koord van liefde.

So 'n pa lééf liefde. So 'n Pa leef Gód se liefde. En dít maak sy huis 'n tuiste.

Gebed: Vader, sonder U in my lewe, kan ek nie die pa wees wat U hart deur my na my gesin laat vloei nie. Ek is volkome van u afhanklik sodat ek my huis na 'n tuiste kan verander.

Previous article: Jou huis....'n tuiste wanneer jy veilig voel - 6 Junie 2014 Prev Next article: Jou huis....'n tuiste - 4 Junie 2014 Next

Copyright © 2024 Vers-n-dag. All Rights Reserved.