Vers-n-dag Vers-n-dag
Vers-n-dag Vers-n-dag
  • tuisblad
  • dagstukkies
  • verse-a-day
  • intekening
    • english - verse-a-day

Baie dinge kan nie bewys word nie - 3 November 2014

Danny Fourie

Die hemel getuig van die mag van God, die uitspansel maak die werk van sy hande bekend.

Psalm 19:2

Hoe bewys 'n mens dat God bestaan? Of nie bestaan nie? Iemand het eendag in 'n toespraak beweer dat God nie bestaan nie en dat hy dit kan bewys. “As daar 'n God is, kan Hy my nou laat sterf. Ek gee Hom twee minute.” Dramaties het die man sy horlosie dopgehou en toe daar na twee minute niks gebeur het nie, het hy die gevolgtrekking gemaak: “Sien julle, daar is geen God nie.” Waarop 'n vrou uit die gehoor toe vir hom skree: “Hy hou nog te veel van jou!” (2 Petrus 3:9)

Die opmerking van die vrou het aangetoon dat die man in beginsel niks bewys het nie. Daar was meer as een verklaring vir die feit dat die man nie gesterf het nie. Maar dit bly 'n belangrike vraag: Bestaan God wel of nie?

Ek glo wel dat God bestaan. Maar soos die man hier bo kan ek my geloof ewemin bewys as hy sy ongeloof. Is dit dan dom om in iets te glo wat nie bewys kan word nie? Nee, want daar is maar min dinge wat 'n mens kan bewys. 'n Mens kan nie bewys dat die son môre sal opkom nie, en tog glo ons dat dit sal gebeur. 'n Mens kan nie bewys dat jy jou vrou liefhet nie, en tog is dit waar.

Wat kan ons help om te glo dat God bestaan? Iemand het gesê dat indien God bestaan, sal Hy sy bestaan tog self moet laat waarneem. Dan sou Hy Homself tog bekend maak en kontak met ons soek.

Die hele Bybel vertel (1 Samuel 3:21) hoe God die inisiatief geneem het om kontak met mense te soek. Die duidelikste manier was toe Hy self na ons in sy Seun Jesus Christus gekom het. In Jesus het God onder ons gewoon en het Hy ons laat sien wie Hy is.

Gebed: Here God, help my om met nuwe oë na Jesus te kyk en U raak te sien. Amen.

Previous article: God bewys God self - 4 November 2014 Prev Next article: Maak my..... - 31 Oktober 2014 Next

Copyright © 2024 Vers-n-dag. All Rights Reserved.