Vers-n-dag Vers-n-dag
Vers-n-dag Vers-n-dag
  • tuisblad
  • dagstukkies
  • verse-a-day
  • intekening
    • english - verse-a-day

Hy offer sy Seun aan die kruis - 17 November 2014

Danny Fourie

Toe het al sy dissipels Hom in die steek gelaat en weggehardloop.  Markus 14:50

Iemand wys daarop dat Jesus in 'n sekere sin nie na ons wêreld gekom het om te leef nie, maar om te sterf. Jesus is nie op 'n natuurlike manier dood nie – Hy is op 'n heuwel buite Jerusalem, Golgota, tereggestel.

Sy dood was 'n wrede liggaamlike lyding. Dit was ook emosioneel en geestelik ondraaglik, want almal het Hom verlaat. Die ergste was egter dat dit donker geword het en dat sy Vader Hom ook verlaat het. Hy was totaal alleen. Geen kontak met sy dissipels en volgelinge nie – ook geen kontak met die hemel nie. Die band tussen die Vader wat van Jesus gesê het, “Dit is my geliefde Seun,” was verbreek. Jesus het dikwels verklaar dat Hy en die Vader Een is. Aan die kruis was Hy alleen.

Jesus was werklik godverlate. Die godverlatenheid was so erg, sê iemand, dat Jesus aan die kruis nie sy Vader as “Vader” aanspreek nie, maar op 'n afstand as “my God”.

Waarom het alles so gebeur? Die hemelse Vader het op Golgota sy Seun verlaat, soos wat ons deur ons sonde God verlaat het. Maar God het sy Seun verlaat sodat ons tog deur die Vader as sy kinders aangeneem kon word. Op Golgota ruil die rolle om. Ons moes eintlik daar hang. Maar Jesus hang. Hy word verlaat en in die duisternis uitgestoot – en ons word tot kinders van God aangeneem. Jesus dra die straf op die sonde en ons kom vry anderkant uit.

Ek en jy kan weet dat ons nooit weer so eensaam of verlate kan wees of God is by ons nie. Deur Jesus is die deur na God geopen. En die wonderlikste van alles is dat die toegang gratis is. Suiwer genade.

Gebed: Dankie Here Jesus dat U gewillig was om die verlatenheid en die duisternis van die kruis te trotseer. Dankie dat u offer vir ons die deur na ons Vader oopgemaak het. Amen

Previous article: Hy vergewe ons vir alle sonde - 18 November 2014 Prev Next article: Hy roep jou (2) - 14 November 2014 Next

Copyright © 2024 Vers-n-dag. All Rights Reserved.