Vers-n-dag Vers-n-dag
Vers-n-dag Vers-n-dag
  • tuisblad
  • dagstukkies
  • verse-a-day
  • intekening
    • english - verse-a-day

Vers n dag - 15 Oktober

Om die koninkryk in jou in jou kind te plant

Hennie Symington

Skrifgedeelte

Dit help niks dat julle My probeer dien deur leerstellinge van mense as gebooie van God voor te hou nie.   ….

So ontneem julle die woord van God sy gesag deur julle oorgelewerde gebruike wat julle op julle beurt weer oorgelewer het.  Daar is ook nog baie ander sulke dinge wat julle doen.”    Markus 7:6-7, 13

Kweek goeie burgers van die koninkryk

ʼn Kind word nie met ʼn gewete gebore nie – alleen maar met die moontlikheid om ʼn gewete te bekom. Dit word gevoed deur die som van al die indrukke wat bewustelik en onbewustelik deur die wat die naaste  aan hom is oorgedra word.

Dit wat oorgedra word aan die kind kan van hom ʼn klein morele robotjie maak waar reg en verkeerd soos swart en wit in sy gedagtes staan of iemand wat uiteindelik vir homself, aan die hand van die Woord van God, kan besluit wat reg en verkeerd is.

ʼn Gewete is meer as etiket en goeie maniere

Dis so maklik om ʼn kind se opvoeding te reduseer tot moets en moenies, maar God het die mens soveel meer kompleks gemaak. Die meeste van ons leer ons kinders volgens die ou resep van “Jy mag nie!” “Moenie dit nie, moenie dat nie!” “Omdat ek so sê,” “Die Here sal jou straf” of “ Wat sal die mense sê?”

Klink na ʼn resep om klein kindertjies etiket en goeie maniere aan te leer.  Maar wanneer dit kom by die meer komplekse morele opvattings is dit nie so eenvoudig nie.

ʼn Morele gewete is iets wat gevorm in voortdurende gesprek tussen ouers en kinders, en ander gesagsfigure oor etiese dilemmas aan die hand van die Woord van God. ʼn Gewete wat so gevorm word is ʼn gewete wat enduit kan hou omdat dit sinvol en skeppend met die vrae van ons bestaan as mense omgaan.

Here, op my rus die verantwoordelik om ’n volgende geslag vir u Koninkryk gereed te maak. Gee my die wysheid om ook in hulle ’n verlange na die koninkryk te kweek.

Previous article: Vers n dag - 18 Oktober Prev Next article: Vers n dag - 14 Oktober Next

Copyright © 2024 Vers-n-dag. All Rights Reserved.